Thursday, 25 June 2015

Kollekteer

Jan van der Merwe: “Wie’s by die voordeur?”

Jan se vrou: “Iemand wat vir die ouetehuis kollekteer.”

Jan: “Gee jou ma vir hulle.”

Stormers het hard probeer


Sunday, 14 June 2015

Krap lekker

Pietie ry saam sy ma in die kar en krap 'n lekker stukkie snot uit sy neus. Sy ma sien die storie en vra heel ontstoke vir Pietie: "Nou wat gaan jy nou met dit doen?"

Pietie antwoord toe: "Ek weet nie ma! Julle het mos gesê ons mag nie in die kar eet nie."

Brakpan duiker


Thursday, 4 June 2015

Vereistes

'n Hoogs bedonnerde man is ontevrede met sy vrou en stuur 'n SMS aan sy skoonma: "Jou produk voldoen nie aan my vereistes nie."

Slim skoonma stuur SMS terug: "Waarborg verval, vervaardiger nie verantwoordelik nadat seël gebreek is nie!"