Monday, 4 May 2015

Lekker gekletter

Man gaan een aand uit saam met sy vriende. Volgende more word hy wakker in sy bed. Koffie langs die bed met 'n briefie wat sê: "More my man. Daar is vir jou ontbyt in die oond en dan kan jy die dag afkry en ontspan voor die kassie."

Man is erg verbaas met sy vrou se vriendelikheid, stap in die gang af by 'n nat kol verby. Kry sy dogter by die ontbyt tafel en vra haar: "Wat gaan met jou ma aan?"

Dogter: "Nadat pa vanmore half view ingestrompel het, in die gang opgegooi het en toe in pa se kas gaan pie-pie het, het pa op die bed neergeval. Ma wou pa se broek uittrek toe skree pa op haar en sê: 'Los my uit! Ek is 'n getroude man!'"

No comments:

Post a Comment