Thursday, 9 April 2015

Haar hoed

'n Vrou staan voor teen die reelings van die Sinfonia Cruise skeep. Die wind waai so sterk dat sy haar hoed moet vashou.

'n Man wat agter haar staan sê: "Verskoon tog dame. Ek wil nou nie voorbarig klink nie, maar jou rok waai op."

Vrou sê: "Ja ek weet, maar ek het albei hande nodig om die hoed vas te hou."

Die man sê: "Dame maar al jou privaat dele wys."

Die vrou kyk so af en weer op en sê: "Dit wat jy hieronder sien is al 85 jaar oud, ek het hierdie hoed sopas gekoop!"

No comments:

Post a Comment