Friday, 10 April 2015

Beskerm Engel

Gatiep loop in die dorp en ’n stem roep skielik: “Stop net daar!”

Hy stop en ’n vrag bakstene val reg voor hom. Gatiep dink sy imagination speel tricks met hom en hy loop verder, maar weer hoor hy die stem: “Stop net daar!”

Hy stop en die volgende oomblik kom ’n kar teen ’n moerse spoed verby en mis hom rakelings.

Die stem sê aan Gatiep: “Ek is jou beskerm engel en ek sal jou waarsku voordat ’n slegte ding met jou kan gebeur."

“Het jy dalk enige vrae?” vra die engel.

Gatiep dink so ’n bietjie en sê dan: “Ja, waar de moer was jy op my troudag?”

No comments:

Post a Comment