Wednesday, 29 April 2015

Sewe plus sewe

"Wat is sewe plus sewe, Jannie?"

"Twintig, juffrou!"

"Verkeerd!"

"Sê my wat is sewe plus sewe, Kosie?"

"Woensdag, juffrou."

"Verkeerd, Kosie."

"Wat sou jy sê is die antwoord, Willie?"

"Dis veertien, juffrou!"

"Reg, en hoe het jy op die antwoord gekom?"

"Maklik, ek het net Woensdag van twintig afgetrek."

Tuesday, 28 April 2015

Windpompe

"Pa, hier is iemand by die voordeur!" roep Jannie.

"Wie's dit?" vra Koos.

"'n Man wat windpompe verkoop."

"Sê hy moet waai."

Monday, 27 April 2015

Stormers wen alweer


Roei-roei

'n Galei vol slawe meer aan in die natuurlike hawe van ‘n klein eilandjie. Die slawe is maar net te bly om hul roeispane te kan neersit, na weke van swoeg en sweet op die oop see.

Die stuurman kom in om ‘n aankondiging te maak: "Manne, ek het goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is, ons is klaar met roei vir vandag. Ons gaan ‘n wildevark braai en sommer baie rum drink. Die slegte nuus is, die kaptein wil more gaan waterski."

Julius en die padda

Julius Malema stap by die veearts in met 'n padda op sy kop wat nie wil af nie.

Verbasend vra die veearts waarmee hy kan help & skielik antwoord die padda: "Ek wil graag hierdie gewas van my hol af verwyder!"

Friday, 10 April 2015

Fotobom pappie


Beskerm Engel

Gatiep loop in die dorp en ’n stem roep skielik: “Stop net daar!”

Hy stop en ’n vrag bakstene val reg voor hom. Gatiep dink sy imagination speel tricks met hom en hy loop verder, maar weer hoor hy die stem: “Stop net daar!”

Hy stop en die volgende oomblik kom ’n kar teen ’n moerse spoed verby en mis hom rakelings.

Die stem sê aan Gatiep: “Ek is jou beskerm engel en ek sal jou waarsku voordat ’n slegte ding met jou kan gebeur."

“Het jy dalk enige vrae?” vra die engel.

Gatiep dink so ’n bietjie en sê dan: “Ja, waar de moer was jy op my troudag?”

Casual Friday


Thursday, 9 April 2015

Ons gaan trek


Haar hoed

'n Vrou staan voor teen die reelings van die Sinfonia Cruise skeep. Die wind waai so sterk dat sy haar hoed moet vashou.

'n Man wat agter haar staan sê: "Verskoon tog dame. Ek wil nou nie voorbarig klink nie, maar jou rok waai op."

Vrou sê: "Ja ek weet, maar ek het albei hande nodig om die hoed vas te hou."

Die man sê: "Dame maar al jou privaat dele wys."

Die vrou kyk so af en weer op en sê: "Dit wat jy hieronder sien is al 85 jaar oud, ek het hierdie hoed sopas gekoop!"

Labrador

Mike se vrou sê vir hom: "Mike, ek dink daaraan om vir ons 'n Labrador te koop."

Mike sê: "Se moer, het jy al gesien hoeveel van daai honde se eienaars raak blind!"

Saturday, 4 April 2015

Skoonma Oorlede

Net toe ek dink dit kon nie beter gaan by ons troue nie, gaan die skoonma tydens die onthaal dood.

Sy't blykbaar verstik aan kos wat sy daar geëet het. Dit was die icing op die koek!

Manier van loop

'n Mens kan baie van 'n vrou sê, net deur na die manier van haar loop te kyk.

As sy haar heupe swaai, is sy goed in die bed. As sy klein treetjies gee, kom sy nie baie uit die huis uit nie. As sy op haar tone verby jou loop, dan moet jy weet sy't jou KREDIETKAART!

Smaak Afrikaans


Labradors

Mike se vrou sê vir hom: "Mike, ek dink daaraan om vir ons 'n labrador te koop."

Mike sê: "Se moer, het jy al gesien hoeveel van daai honde se eienaars raak blind!"