Wednesday, 25 March 2015

Simba Chippie

Het jy gehoor van die Simba chippie wat die sielkundige gaan sien het?

Hy het deur bietjie van 'n dip gegaan!

Saturday, 7 March 2015

Cocktails


Haai!

Wat sê die een haai vir die ander haai toe 'n walvis verby swem?

Haai, kyk die bodybulder!

Thursday, 5 March 2015

Te jonk vir rook

'n Sesjarige seuntjie staan op die hoek van straat en rook.

'n Vrou kom verby en vra: "Boetie, weet jou ma jy rook?!"

Hy antwoord: "Mevrou, weet jou man jy gesels met vreemde mans."

Sunday, 1 March 2015

Jagtog in die Kalahari

Op hulle aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op ‘n jagtog in die Kalahari.

Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker. “Mammie is weg!”

Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen ‘n boom met ‘n leeu wat vir haar staan en gluur.

“Ag jinnetjie tog!” gil Koos se vrou, “Wat gaan ons nou doen?”

“Niks nie!” sê Koos kalm “Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"