Thursday, 22 January 2015

Teken 'n Hond

Klein Koos moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken wat besig is om hondebeskuitjies te vreet.

Skaars het sy onderwyser hom egter die opdrag gegee, of klein Koos sit tevrede agteroor en verkondig: "So ja, ek is klaar."

Die onnie kom kyk wat hy geteken het.

"Klein Koos," begin hy, "Maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie."

Klein Koos: "Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, meneer."

Onnie: "En waar is die hond dan?"

Klein Koos: "Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie!"

No comments:

Post a Comment