Tuesday, 6 January 2015

Drie wense

'n Aantreklike boerseun sit by die kroeg. Hy suip die een whisky na die ander en tjank soos 'n baba.

"Wat is fout?" wil die barman weet.

"Ek het gister daar op die plaas op my perd gery, toe kom ek op 'n pofadder af in die middel van die pad," vertel hy. "Toe ek my rollie uithaal om hom vrek te skiet, toe begin die pofadder met my praat. Hy sê toe hy is 'n tower pofadder en as ek hom uitlos, dan gee hy my drie wense."

"Sjoe!" sê die barman. "Waarvoor wens jy toe?"

"Ek wens toe ek is so aantreklik soos Bobby van Jaarsveld, so goed gebou soos Bryan Habana en so bedeeld soos die perd warop ek ry!"

"Nou maar toe!" sê die barman. "Waarvoor tjank jy dan so?"

"Toe ek by die huis kom, kyk ek in die spiëel en ek sien ek is deksels aantreklik. Toe ek my hemp uittrek toe sien ek ek is gebou om te hou. Maar toe ek my broek uittrek, toe onthou ek, ek het met die merrie gery!"

No comments:

Post a Comment