Wednesday, 28 January 2015

Deel alles

Die ou oom bestel een standaard hamburger, een pakkie skyfies en een koeldrank. Hy haal sorgvuldig die hamburger uit die pakkie, sny dit versigtig in twee en sit die een helfte voor sy vrou neer. Toe tel hy die skyfies sorgvuldig, deel dit in twee hopies, sit die een voor hom neer en die ander een netjies voor sy vrou. Eers neem hy 'n slukkie van die koeldrank, toe neem sy 'n slukkie en sit die glas tussen hulle op die tafel neer.

Toe hy aan sy hamburger begin eet, het die mense na hulle kant to begin loer en gefluister. Jy kon sien hulle het gedink "daardie arme paartjie - al wat hulle kan bekostig is een ete tussen die twee van hulle."

Toe die man sy skyfies begin eet, kom daar 'n jongman na hulle tafel en bied beleefd aan om vir hulle nog 'n ete te koop. Die ou man bedank hom egter daarvoor en sê hulle is OK dankie. Hulle is gewoond daaraan om alles te deel.

Die mense rondom het nou agtergekom dat die vroutjie nog niks geëet het nie. Sy sit net vir haar man en kyk en so nou en dan neem sy 'n slukkie van die koeldrank. Weer het die jongman oorgestap en hulle gesmeek dat hy vir hulle 'n ete wil koop. Hierdie keer was dit die vroutjie wat sê: "Nee dankie, ons is gewoond om alles te deel."

Toe die ou man klaar geëet het en sy mond met die servet afvee, kom die jongman weer nader en vra vir die vroutjie, wat nog hoegenaamd niks geëet het nie: "Wat is dit waarvoor jy wag?"


Toe antwoord sy: "Vir die tande!"

No comments:

Post a Comment