Wednesday, 28 January 2015

Deel alles

Die ou oom bestel een standaard hamburger, een pakkie skyfies en een koeldrank. Hy haal sorgvuldig die hamburger uit die pakkie, sny dit versigtig in twee en sit die een helfte voor sy vrou neer. Toe tel hy die skyfies sorgvuldig, deel dit in twee hopies, sit die een voor hom neer en die ander een netjies voor sy vrou. Eers neem hy 'n slukkie van die koeldrank, toe neem sy 'n slukkie en sit die glas tussen hulle op die tafel neer.

Toe hy aan sy hamburger begin eet, het die mense na hulle kant to begin loer en gefluister. Jy kon sien hulle het gedink "daardie arme paartjie - al wat hulle kan bekostig is een ete tussen die twee van hulle."

Toe die man sy skyfies begin eet, kom daar 'n jongman na hulle tafel en bied beleefd aan om vir hulle nog 'n ete te koop. Die ou man bedank hom egter daarvoor en sê hulle is OK dankie. Hulle is gewoond daaraan om alles te deel.

Die mense rondom het nou agtergekom dat die vroutjie nog niks geëet het nie. Sy sit net vir haar man en kyk en so nou en dan neem sy 'n slukkie van die koeldrank. Weer het die jongman oorgestap en hulle gesmeek dat hy vir hulle 'n ete wil koop. Hierdie keer was dit die vroutjie wat sê: "Nee dankie, ons is gewoond om alles te deel."

Toe die ou man klaar geëet het en sy mond met die servet afvee, kom die jongman weer nader en vra vir die vroutjie, wat nog hoegenaamd niks geëet het nie: "Wat is dit waarvoor jy wag?"


Toe antwoord sy: "Vir die tande!"

Thursday, 22 January 2015

Teken 'n Hond

Klein Koos moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken wat besig is om hondebeskuitjies te vreet.

Skaars het sy onderwyser hom egter die opdrag gegee, of klein Koos sit tevrede agteroor en verkondig: "So ja, ek is klaar."

Die onnie kom kyk wat hy geteken het.

"Klein Koos," begin hy, "Maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie."

Klein Koos: "Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, meneer."

Onnie: "En waar is die hond dan?"

Klein Koos: "Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie!"

Groot Ore

"Mamma, die kinders spot my oor my groot ore."

"Ag, moenie jou aan hulle steur nie, my kind. Staan net bietjie soontoe dat ma die televisie kan sien."

Sunday, 18 January 2015

Troetelnaampies

Gatiep en Meraai gaan eet saam met twee ander couples ontbyt vir hul annivesary.

Die eerste couple se man sê vir sy vrou: "Pass me the sugar my Sugarplum."

Die tweede couple se man sê vir sy vrou: "Please pass me the butter my Buttercup."

Ou Gatiep dink nou hoe gaan hy vir Meraai vra. Hy sê toe vi haar: "Meraai pass asseblief vir my die bacon jou Vark."

Saturday, 17 January 2015

Kinders by dosyne

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie. Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle.

Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Ná ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.

“Jy keek vi my,” sê hy.

“Ja,” sê sy, “ek keek vi jou.”

“Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.

“Ek dink,” sê sy.

“Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.

“Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee.”

Thursday, 15 January 2015

Kulkunstenaar en sy papegaai

Kort voordat die Titanic gesink het, het 'n kulkunstenaar die passasiers vermaak met allerhande toorkunsies. Maar daar was 'n papegaai op die verhoog wat met elke trick gepiemp het wat aangaan.

Hy't byvoorbeld geskree: "In sy mou! In sy mou of Agter sy rug! Agter sy rug!”

Toe die Titanic sink oorleef die towenaar deur aan 'n stuk hout vas te hou. Die papegaai oorleef ook en vlieg dae lank bokant die towenaar. Na vier dae kom sit die voël by die kulkunstenaar op die stuk wrakhout en sê: “Oukei, ek gee op! Waar steek jy die boot weg?”

Wednesday, 7 January 2015

Groot woorde

'n Amerikaanse toeris doen white water rafting op die Oranjerivier met Gatiep as sy toergids.

Die Amerikaner vra vir Gatiep: "Do you know psychology, methodology, biology or geology?"

Gatiep antwoord: "Nei Master, never heard of that big words."

Amerikaner: "You sure dont know a lot my friend?"

Skielik kry die boot 'n lekkasie en begin sink.

Gatiep: "Do you know swimonology and escapology away from crocodology?"

Amerikaner: "What the hell do you mean?"

Gatiep: "Well, today you going to see joumasemoerology just before you vesuipology."

Tuesday, 6 January 2015

Drie wense

'n Aantreklike boerseun sit by die kroeg. Hy suip die een whisky na die ander en tjank soos 'n baba.

"Wat is fout?" wil die barman weet.

"Ek het gister daar op die plaas op my perd gery, toe kom ek op 'n pofadder af in die middel van die pad," vertel hy. "Toe ek my rollie uithaal om hom vrek te skiet, toe begin die pofadder met my praat. Hy sê toe hy is 'n tower pofadder en as ek hom uitlos, dan gee hy my drie wense."

"Sjoe!" sê die barman. "Waarvoor wens jy toe?"

"Ek wens toe ek is so aantreklik soos Bobby van Jaarsveld, so goed gebou soos Bryan Habana en so bedeeld soos die perd warop ek ry!"

"Nou maar toe!" sê die barman. "Waarvoor tjank jy dan so?"

"Toe ek by die huis kom, kyk ek in die spiëel en ek sien ek is deksels aantreklik. Toe ek my hemp uittrek toe sien ek ek is gebou om te hou. Maar toe ek my broek uittrek, toe onthou ek, ek het met die merrie gery!"