Thursday, 13 August 2015

Wednesday, 12 August 2015

Your Highness

Koos is met vakansie in Londen en loop toevallig in die koningin se geselskap vas.

Die koningin is in ’n goeie bui en besluit om ’n paar woorde te wissel met die vreemde Suid-Afrikaanse man. Deur die hele gesprek deur spreek Koos haar aan as “Queen”, tot sy dit later nie meer kan hou nie.

Sy wys Koos daarop dat hy haar nie as “Queen” moet aanspreek nie, maar as “Your Highness”.

“My magtig!” sê Koos. “Wil jy nou meer, my neef se naam is ook Johannes.”

Minister


Thursday, 25 June 2015

Kollekteer

Jan van der Merwe: “Wie’s by die voordeur?”

Jan se vrou: “Iemand wat vir die ouetehuis kollekteer.”

Jan: “Gee jou ma vir hulle.”

Stormers het hard probeer


Sunday, 14 June 2015

Krap lekker

Pietie ry saam sy ma in die kar en krap 'n lekker stukkie snot uit sy neus. Sy ma sien die storie en vra heel ontstoke vir Pietie: "Nou wat gaan jy nou met dit doen?"

Pietie antwoord toe: "Ek weet nie ma! Julle het mos gesê ons mag nie in die kar eet nie."

Brakpan duiker


Thursday, 4 June 2015

Vereistes

'n Hoogs bedonnerde man is ontevrede met sy vrou en stuur 'n SMS aan sy skoonma: "Jou produk voldoen nie aan my vereistes nie."

Slim skoonma stuur SMS terug: "Waarborg verval, vervaardiger nie verantwoordelik nadat seël gebreek is nie!"

Sunday, 17 May 2015

Abracadabra

Koos se meisie werk al vir 'n paar jaar as 'n kulkunstenaar se assistent. Sy het al 'n hele paar goeie tricks geleer.

Koos kom een middag vroeg huis toe en kry sy meisie in 'n mooi sexy kulkunstenaars outfit. Met dié sê sy meisie: "Abracadabra!" en Koos se beste pêl Piet, kom poedel-nakend by die hangkas uitgestap...

...Arme Piet, hy moes seker gewonder het wat de donner gaan nou aan.

Monday, 4 May 2015

Lekker gekletter

Man gaan een aand uit saam met sy vriende. Volgende more word hy wakker in sy bed. Koffie langs die bed met 'n briefie wat sê: "More my man. Daar is vir jou ontbyt in die oond en dan kan jy die dag afkry en ontspan voor die kassie."

Man is erg verbaas met sy vrou se vriendelikheid, stap in die gang af by 'n nat kol verby. Kry sy dogter by die ontbyt tafel en vra haar: "Wat gaan met jou ma aan?"

Dogter: "Nadat pa vanmore half view ingestrompel het, in die gang opgegooi het en toe in pa se kas gaan pie-pie het, het pa op die bed neergeval. Ma wou pa se broek uittrek toe skree pa op haar en sê: 'Los my uit! Ek is 'n getroude man!'"

Wednesday, 29 April 2015

Sewe plus sewe

"Wat is sewe plus sewe, Jannie?"

"Twintig, juffrou!"

"Verkeerd!"

"Sê my wat is sewe plus sewe, Kosie?"

"Woensdag, juffrou."

"Verkeerd, Kosie."

"Wat sou jy sê is die antwoord, Willie?"

"Dis veertien, juffrou!"

"Reg, en hoe het jy op die antwoord gekom?"

"Maklik, ek het net Woensdag van twintig afgetrek."

Tuesday, 28 April 2015

Windpompe

"Pa, hier is iemand by die voordeur!" roep Jannie.

"Wie's dit?" vra Koos.

"'n Man wat windpompe verkoop."

"Sê hy moet waai."

Monday, 27 April 2015

Stormers wen alweer


Roei-roei

'n Galei vol slawe meer aan in die natuurlike hawe van ‘n klein eilandjie. Die slawe is maar net te bly om hul roeispane te kan neersit, na weke van swoeg en sweet op die oop see.

Die stuurman kom in om ‘n aankondiging te maak: "Manne, ek het goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is, ons is klaar met roei vir vandag. Ons gaan ‘n wildevark braai en sommer baie rum drink. Die slegte nuus is, die kaptein wil more gaan waterski."

Julius en die padda

Julius Malema stap by die veearts in met 'n padda op sy kop wat nie wil af nie.

Verbasend vra die veearts waarmee hy kan help & skielik antwoord die padda: "Ek wil graag hierdie gewas van my hol af verwyder!"

Friday, 10 April 2015

Fotobom pappie


Beskerm Engel

Gatiep loop in die dorp en ’n stem roep skielik: “Stop net daar!”

Hy stop en ’n vrag bakstene val reg voor hom. Gatiep dink sy imagination speel tricks met hom en hy loop verder, maar weer hoor hy die stem: “Stop net daar!”

Hy stop en die volgende oomblik kom ’n kar teen ’n moerse spoed verby en mis hom rakelings.

Die stem sê aan Gatiep: “Ek is jou beskerm engel en ek sal jou waarsku voordat ’n slegte ding met jou kan gebeur."

“Het jy dalk enige vrae?” vra die engel.

Gatiep dink so ’n bietjie en sê dan: “Ja, waar de moer was jy op my troudag?”

Casual Friday


Thursday, 9 April 2015

Ons gaan trek


Haar hoed

'n Vrou staan voor teen die reelings van die Sinfonia Cruise skeep. Die wind waai so sterk dat sy haar hoed moet vashou.

'n Man wat agter haar staan sê: "Verskoon tog dame. Ek wil nou nie voorbarig klink nie, maar jou rok waai op."

Vrou sê: "Ja ek weet, maar ek het albei hande nodig om die hoed vas te hou."

Die man sê: "Dame maar al jou privaat dele wys."

Die vrou kyk so af en weer op en sê: "Dit wat jy hieronder sien is al 85 jaar oud, ek het hierdie hoed sopas gekoop!"

Labrador

Mike se vrou sê vir hom: "Mike, ek dink daaraan om vir ons 'n Labrador te koop."

Mike sê: "Se moer, het jy al gesien hoeveel van daai honde se eienaars raak blind!"

Saturday, 4 April 2015

Skoonma Oorlede

Net toe ek dink dit kon nie beter gaan by ons troue nie, gaan die skoonma tydens die onthaal dood.

Sy't blykbaar verstik aan kos wat sy daar geëet het. Dit was die icing op die koek!

Manier van loop

'n Mens kan baie van 'n vrou sê, net deur na die manier van haar loop te kyk.

As sy haar heupe swaai, is sy goed in die bed. As sy klein treetjies gee, kom sy nie baie uit die huis uit nie. As sy op haar tone verby jou loop, dan moet jy weet sy't jou KREDIETKAART!

Smaak Afrikaans


Labradors

Mike se vrou sê vir hom: "Mike, ek dink daaraan om vir ons 'n labrador te koop."

Mike sê: "Se moer, het jy al gesien hoeveel van daai honde se eienaars raak blind!"

Wednesday, 25 March 2015

Simba Chippie

Het jy gehoor van die Simba chippie wat die sielkundige gaan sien het?

Hy het deur bietjie van 'n dip gegaan!

Saturday, 7 March 2015

Cocktails


Haai!

Wat sê die een haai vir die ander haai toe 'n walvis verby swem?

Haai, kyk die bodybulder!

Thursday, 5 March 2015

Te jonk vir rook

'n Sesjarige seuntjie staan op die hoek van straat en rook.

'n Vrou kom verby en vra: "Boetie, weet jou ma jy rook?!"

Hy antwoord: "Mevrou, weet jou man jy gesels met vreemde mans."

Sunday, 1 March 2015

Jagtog in die Kalahari

Op hulle aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op ‘n jagtog in die Kalahari.

Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker. “Mammie is weg!”

Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen ‘n boom met ‘n leeu wat vir haar staan en gluur.

“Ag jinnetjie tog!” gil Koos se vrou, “Wat gaan ons nou doen?”

“Niks nie!” sê Koos kalm “Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"

Tuesday, 24 February 2015

Wie se kind is jy?!

'n Bose gangster met 'n moerse gun bars by die kerk in.

Hy skree: "Wie is almal Jesus se kinders, want ek wil hulle na hulle Pa stuur?!"

Al die gemeente is skytbang en bly doodstil.

Na 'n rukkie sê die een suster met 'n bewende stemmetjie: "Dominee sê altyd hy is Jesus se kind"

Dominee sak af en sê: "Suster, moet nou nie bog praat nie! Ek is antie Gloria en oom Sakkie se kind!"

Monday, 23 February 2015

Oorlog

Oom Sarel wat daar aan die buitewyke van Upington gebly het in die vyftiger jare kom klop een middag aan die pastorie se deur vir ‘n belydenis. Ou dominee maak oop en nooi die oom binne.

Die oom begin met: "Dominee, so met die Boereoorlog langs het ‘n pragtige meisietjie van een van die buurplase af een nag dringend by my kom skuiling soek teen die Ingelse. So toe steek ek haar in my skuur se solder weg."

Ou dominee antwoord: "Broer, dis ‘n wonderlike ding wat jy gedoen het, daaroor hoef jy glad nie ‘n belydenis te doen nie."

"Nee, daar is nog meer dominee. Sy’t my met intieme gunsies begin betaal. Dit het etlike kere per week, en op Sondae selfs twee keer gebeur."

Dominee is weer aan die woord: "Dit was lank gelede broer, en jy het haar eintlik bygestaan in tye van groot gevaar. Onder sulke omstandighede kan twee jongmense hulself maklik oorgee aan die begeertes van die vlees. Dit is alles vergeefbaar."

"Dankie dominee, dit is ‘n groot las van my skouers af. Ek het net nog een vragie."

"En wat sou dit wees?" vra ou dominee.

"Moet ek haar vertel dat die oorlog verby is?''

Sunday, 22 February 2015

Aap en bobbejaan in die kerk

Aap en bobbejaan sit langs mekaar in die kerkdiens toe die pastoor sê: "Draai na jou neighbour, kyk in sy oë en sê: 'Jy is my ewebeeld. Ek het jou lief soos ek myself lief het.'"

Aap kyk bobbejaan so en sê vir die pastoor: "Kom sê jy dit self vir hom, want ek gaan nie in die kerk lieg nie."

Sukkel die Blou Bulle alweer


Wednesday, 18 February 2015

Brights

Ou Mike se goose dink sy gaan hom so bietjie verras op valentynsdag deur kaalgat op 'n scooter by hom by die plaashuis aan te kom. So gepoeier en gepaint kom sy kaalgat op haar scooter by ou Mike aan.

Ou Mike kyk die storie so en sê: "Sannie, is jou scooter dan nog op brights?"

Sannie antwoord hom: "Nee jou drol. Ek kort net 'n tan op my tiete!"

Wat's so snaaks?!

Monday, 9 February 2015

Raaisels

Op 'n tyd sê die onderwyseres die leerders moet opkom met raaisels en dit in die klas vra.

Gatiepie: "Wat het oë maar kan nie sien nie, het 4 pote maar kan nie loop nie, maar kan hoog spring soos TafelBerg?"

Klas dink 'n bietjie maar geen antwoord nie.

Juffrou: "Wat is dit Gatiepie?

Gatiep: "Dis 'n houtperdjie."

Juffrou: "Maar Gatiepie, 'n houtperd kan mos nie spring nie."

Gatiepie: "Tafelberg ook nie!"

Wednesday, 28 January 2015

Deel alles

Die ou oom bestel een standaard hamburger, een pakkie skyfies en een koeldrank. Hy haal sorgvuldig die hamburger uit die pakkie, sny dit versigtig in twee en sit die een helfte voor sy vrou neer. Toe tel hy die skyfies sorgvuldig, deel dit in twee hopies, sit die een voor hom neer en die ander een netjies voor sy vrou. Eers neem hy 'n slukkie van die koeldrank, toe neem sy 'n slukkie en sit die glas tussen hulle op die tafel neer.

Toe hy aan sy hamburger begin eet, het die mense na hulle kant to begin loer en gefluister. Jy kon sien hulle het gedink "daardie arme paartjie - al wat hulle kan bekostig is een ete tussen die twee van hulle."

Toe die man sy skyfies begin eet, kom daar 'n jongman na hulle tafel en bied beleefd aan om vir hulle nog 'n ete te koop. Die ou man bedank hom egter daarvoor en sê hulle is OK dankie. Hulle is gewoond daaraan om alles te deel.

Die mense rondom het nou agtergekom dat die vroutjie nog niks geëet het nie. Sy sit net vir haar man en kyk en so nou en dan neem sy 'n slukkie van die koeldrank. Weer het die jongman oorgestap en hulle gesmeek dat hy vir hulle 'n ete wil koop. Hierdie keer was dit die vroutjie wat sê: "Nee dankie, ons is gewoond om alles te deel."

Toe die ou man klaar geëet het en sy mond met die servet afvee, kom die jongman weer nader en vra vir die vroutjie, wat nog hoegenaamd niks geëet het nie: "Wat is dit waarvoor jy wag?"


Toe antwoord sy: "Vir die tande!"

Thursday, 22 January 2015

Teken 'n Hond

Klein Koos moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken wat besig is om hondebeskuitjies te vreet.

Skaars het sy onderwyser hom egter die opdrag gegee, of klein Koos sit tevrede agteroor en verkondig: "So ja, ek is klaar."

Die onnie kom kyk wat hy geteken het.

"Klein Koos," begin hy, "Maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie."

Klein Koos: "Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, meneer."

Onnie: "En waar is die hond dan?"

Klein Koos: "Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie!"

Groot Ore

"Mamma, die kinders spot my oor my groot ore."

"Ag, moenie jou aan hulle steur nie, my kind. Staan net bietjie soontoe dat ma die televisie kan sien."

Sunday, 18 January 2015

Troetelnaampies

Gatiep en Meraai gaan eet saam met twee ander couples ontbyt vir hul annivesary.

Die eerste couple se man sê vir sy vrou: "Pass me the sugar my Sugarplum."

Die tweede couple se man sê vir sy vrou: "Please pass me the butter my Buttercup."

Ou Gatiep dink nou hoe gaan hy vir Meraai vra. Hy sê toe vi haar: "Meraai pass asseblief vir my die bacon jou Vark."

Saturday, 17 January 2015

Kinders by dosyne

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie. Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle.

Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Ná ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.

“Jy keek vi my,” sê hy.

“Ja,” sê sy, “ek keek vi jou.”

“Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.

“Ek dink,” sê sy.

“Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.

“Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee.”

Thursday, 15 January 2015

Kulkunstenaar en sy papegaai

Kort voordat die Titanic gesink het, het 'n kulkunstenaar die passasiers vermaak met allerhande toorkunsies. Maar daar was 'n papegaai op die verhoog wat met elke trick gepiemp het wat aangaan.

Hy't byvoorbeld geskree: "In sy mou! In sy mou of Agter sy rug! Agter sy rug!”

Toe die Titanic sink oorleef die towenaar deur aan 'n stuk hout vas te hou. Die papegaai oorleef ook en vlieg dae lank bokant die towenaar. Na vier dae kom sit die voël by die kulkunstenaar op die stuk wrakhout en sê: “Oukei, ek gee op! Waar steek jy die boot weg?”

Wednesday, 7 January 2015

Groot woorde

'n Amerikaanse toeris doen white water rafting op die Oranjerivier met Gatiep as sy toergids.

Die Amerikaner vra vir Gatiep: "Do you know psychology, methodology, biology or geology?"

Gatiep antwoord: "Nei Master, never heard of that big words."

Amerikaner: "You sure dont know a lot my friend?"

Skielik kry die boot 'n lekkasie en begin sink.

Gatiep: "Do you know swimonology and escapology away from crocodology?"

Amerikaner: "What the hell do you mean?"

Gatiep: "Well, today you going to see joumasemoerology just before you vesuipology."

Tuesday, 6 January 2015

Drie wense

'n Aantreklike boerseun sit by die kroeg. Hy suip die een whisky na die ander en tjank soos 'n baba.

"Wat is fout?" wil die barman weet.

"Ek het gister daar op die plaas op my perd gery, toe kom ek op 'n pofadder af in die middel van die pad," vertel hy. "Toe ek my rollie uithaal om hom vrek te skiet, toe begin die pofadder met my praat. Hy sê toe hy is 'n tower pofadder en as ek hom uitlos, dan gee hy my drie wense."

"Sjoe!" sê die barman. "Waarvoor wens jy toe?"

"Ek wens toe ek is so aantreklik soos Bobby van Jaarsveld, so goed gebou soos Bryan Habana en so bedeeld soos die perd warop ek ry!"

"Nou maar toe!" sê die barman. "Waarvoor tjank jy dan so?"

"Toe ek by die huis kom, kyk ek in die spiëel en ek sien ek is deksels aantreklik. Toe ek my hemp uittrek toe sien ek ek is gebou om te hou. Maar toe ek my broek uittrek, toe onthou ek, ek het met die merrie gery!"