Wednesday, 24 December 2014

Woef

’n Hond besoek ’n internet-kafee en vra of hy ’n e-pos-nota mag stuur.

“Natuurlik,” sê een van die werkers, “Tik net jou boodskap in op daardie rekenaar by die deur.”

Die hond gaan sit voor die rekenaar en tik: “Woef... woef... woef... woef... woef... woef... woef... woef... woef.”

Die werker kom 'n rukkie later kyk of die hond regkom en lees sy boodskap. “Wag,” sê hy, “In hierdie internet-kafee betaal klante ’n rand vir elke tien woorde in ’n e-pos-nota. Joune bevat net nege. Jy kan dus nog ’n ekstra woef byvoeg vir dieselfde prys.”

“Nee,” antwoord die hond onthuts, “Dan sal dit mos nie sin maak nie!”

No comments:

Post a Comment