Sunday, 14 December 2014

Nog nooit gesoen!

Die ma vat haar 16 jarige dogter na hulle dokter toe.

"Dokter, dis my dogter Marie. Sy raak in die oggende siek en naar, maar in die dag weer die snaakste cravings. Sy bly net gewig optel. Wat's fout dokter?"

Dokter ondersoek vir Marie en sê: "Mevrou, ek's bevrees maar jou dogter is ongeveer 4 maande swanger."

Die ma sê: "Dokter, dis onmoontlik! Nog nooit het 'n man seks met haar gehad of ons haar alleen by die huis gelos nie."

Marie voeg nog by: "En nog nooit 'n man gesoen nie!"

Die dokter gaan staan so by die ruit en staar seker vir maklik 5 minute na buite.

"Is daar iets fout dokter?" Wil die ma weet.

"Nee", sê die dokter, "Daar's niks verkeerd nie, maar die laaste keer dat so iets gebeur het, was toe daar 'n ster in die Ooste verskyn het en drie wyse manne oor die heuwel gekom het. Ek sal stupid wees om so iets te mis!"

No comments:

Post a Comment