Wednesday, 10 December 2014

My vrou is doof

Mike vermoed sy vrou is doof. Hy gaan sien sy huisdokter en vra of daar bepaal kan word of sy dalk 'n gehoorstuk benodig.

Die Dokter sê vir Mike: "Ja, dis maklik. Gaan huis toe en staan so 15 meter weg en vra in 'n gewone stemtoon 'n vraag. En so gaan jy aan tot sy gehoor gee en jou antwoord."

Mike kom by die huis en staan so 20 meter weg en vra: "Liefie, wat eet ons vanaand?"

Niks. Hy staan nader op so 15 meter en vra weer: "Liefie, wat eet ons vanaand?"

Niks. Hy staan nader op 10 meter, en weer op 5 meter, en uiteindelik op 2 meter, en vra weer: "Liefie, wat eet ons vanaand?"

Vrou: "Goeie bliksem Mike! Vir die 5de keer, f#kken hoender!"

No comments:

Post a Comment