Sunday, 21 December 2014

Monnike

'n Man is op reis en sy kar breek naby 'n monnikeklooster. Hy gaan na die monnikeklooster, klop aan die deur, en sê: "My kar het gebreek. Dink julle ek kan die nag oorbly?" Die monnike nooi hom vriendelik binne, gee hom kos en maak selfs sy kar reg. Toe die man aan die slaap wil raak, hoor hy 'n vreemde geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle sê, "Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie."

Die man is teleurgesteld maar bedank hulle in elk geval en sit sy reis voort. 'n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly, want hy het mos nou vriende gemaak. Die monnike
nooi hom in, gee hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy weer dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord, "Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie."

Die man sê: "Als reg, als reg. Maar ek sterf van nuuskierigheid. Al moet ek 'n monnik word om uit te vind sal ek dit doen. Hoe word ek 'n monnik?"

Uiteindelik doen die man 'n tien jaar monnikekursus en word 'n volwaardige monnik. Na sy inlywing sê die ander monnikke: "Veels geluk. Jy is nou 'n monnik. Ons sal jou nou wys wat die bron van die geluid is."

Die monnike lei die man na 'n houtdeur, waar die hoofmonnik sê: "Die geluid is reg agter daardie deur."

Die man probeer die deur oopmaak, maar die deur is gesluit. Hy sê: "Mag ek die sleutel kry?"

Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak die deur oop.

Agter die houtdeur is nog 'n deur gemaak van klip. Die man vra vir die sleutel van die klipdeur. Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak dit oop, net om te vind daar is nog 'n staaldeur. Hy kry nog 'n sleutel van die monnike. So maak hy altesaam sewe deure oop.

Toe hy die laaste deur oopmaak, is hy totaal verstom toe hy sien wat eintlik die bron van die geluid is! Maar ek kan jou nie sê wat dit is nie, want jy is nie 'n monnik nie.

No comments:

Post a Comment