Saturday, 20 December 2014

Een vir my en een vir jou

Koos en sy pêl het 'n sak vol lemoene by die bure gesteel. Hulle hardloop na die naaste begraafplaas om die lemoene te verdeel. Toe hulle by die hekke inhardloop, val twee lemoene uit die sak en word net daar gelos.

'n Dronkie op pad terug van die kroeg loop daar verby en hoor toe: "Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou."

Hy skrik hom sommer nugter en hardloop na die dominee toe. "Dominee, Dominee, kom saam my asseblief, kom hoor hoe deel God en satan lyke tussen hulle daar in die begraafplaas!"

Hulle hardloop begraafplaas toe en die stemme gaan voort: "Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!"

Skielik sê die een stem: "Nou wat van die twee by die hek?"

Dominee het die vinnigste gehardloop...

No comments:

Post a Comment