Sunday, 28 December 2014

Dis nou mooi

Vrou kom glimlaggend van die ginekoloog af.

Haar man vra: "Hoekom smile jy?"

Sy straal en sê: "Die ginekoloog sê ek het 16 jarige tieties!"

Man sak af: "Wat sê hy van jou 50 jarige d@@s?"

Sy sê: "Weet jy, ons het nie van jou gepraat nie."

Wednesday, 24 December 2014

Woef

’n Hond besoek ’n internet-kafee en vra of hy ’n e-pos-nota mag stuur.

“Natuurlik,” sê een van die werkers, “Tik net jou boodskap in op daardie rekenaar by die deur.”

Die hond gaan sit voor die rekenaar en tik: “Woef... woef... woef... woef... woef... woef... woef... woef... woef.”

Die werker kom 'n rukkie later kyk of die hond regkom en lees sy boodskap. “Wag,” sê hy, “In hierdie internet-kafee betaal klante ’n rand vir elke tien woorde in ’n e-pos-nota. Joune bevat net nege. Jy kan dus nog ’n ekstra woef byvoeg vir dieselfde prys.”

“Nee,” antwoord die hond onthuts, “Dan sal dit mos nie sin maak nie!”

Maak 'n braai pie

Maak 'n braaipie vir Kersfees, of hoe my chommie!


Sunday, 21 December 2014

Monnike

'n Man is op reis en sy kar breek naby 'n monnikeklooster. Hy gaan na die monnikeklooster, klop aan die deur, en sê: "My kar het gebreek. Dink julle ek kan die nag oorbly?" Die monnike nooi hom vriendelik binne, gee hom kos en maak selfs sy kar reg. Toe die man aan die slaap wil raak, hoor hy 'n vreemde geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle sê, "Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie."

Die man is teleurgesteld maar bedank hulle in elk geval en sit sy reis voort. 'n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly, want hy het mos nou vriende gemaak. Die monnike
nooi hom in, gee hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy weer dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord, "Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie."

Die man sê: "Als reg, als reg. Maar ek sterf van nuuskierigheid. Al moet ek 'n monnik word om uit te vind sal ek dit doen. Hoe word ek 'n monnik?"

Uiteindelik doen die man 'n tien jaar monnikekursus en word 'n volwaardige monnik. Na sy inlywing sê die ander monnikke: "Veels geluk. Jy is nou 'n monnik. Ons sal jou nou wys wat die bron van die geluid is."

Die monnike lei die man na 'n houtdeur, waar die hoofmonnik sê: "Die geluid is reg agter daardie deur."

Die man probeer die deur oopmaak, maar die deur is gesluit. Hy sê: "Mag ek die sleutel kry?"

Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak die deur oop.

Agter die houtdeur is nog 'n deur gemaak van klip. Die man vra vir die sleutel van die klipdeur. Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak dit oop, net om te vind daar is nog 'n staaldeur. Hy kry nog 'n sleutel van die monnike. So maak hy altesaam sewe deure oop.

Toe hy die laaste deur oopmaak, is hy totaal verstom toe hy sien wat eintlik die bron van die geluid is! Maar ek kan jou nie sê wat dit is nie, want jy is nie 'n monnik nie.

Saturday, 20 December 2014

Selfie


Definisie van guts

Definisie van guts: Man wat laatnag dronk deur sy vrou met die besem ingewag word en haar vra: “Maak jy nog huis skoon of vlieg jy iewers heen?”

Een vir my en een vir jou

Koos en sy pêl het 'n sak vol lemoene by die bure gesteel. Hulle hardloop na die naaste begraafplaas om die lemoene te verdeel. Toe hulle by die hekke inhardloop, val twee lemoene uit die sak en word net daar gelos.

'n Dronkie op pad terug van die kroeg loop daar verby en hoor toe: "Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou."

Hy skrik hom sommer nugter en hardloop na die dominee toe. "Dominee, Dominee, kom saam my asseblief, kom hoor hoe deel God en satan lyke tussen hulle daar in die begraafplaas!"

Hulle hardloop begraafplaas toe en die stemme gaan voort: "Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!"

Skielik sê die een stem: "Nou wat van die twee by die hek?"

Dominee het die vinnigste gehardloop...

Friday, 19 December 2014

Die getroude lewe

Hoekom kan 50% van getroude mans nie slaap na sex nie? Hulle moet nog huis toe bestuur.

Karel trots aan sy vriend: "Ek het pa geword!" Vriend: "En hoe gaan dit met jou vrou?" Karel: "Goed, ek het haar nog nie vertel nie!"

Wat sal gebeur as die aarde 30 keer vinniger draai? Die vrou sal haar self dood bloei en die man sal elke dag pay kry.

Thursday, 18 December 2014

Brakpan, for the win

Brakpan Valentynsgeskenk: 'n "Spark Plug"- met 'n kaartjie wat lees: "Hoezit my goose, jy is die vonk in my lewe."

Hoekom sal 'n stripclub nooit geld maak in Brakpan nie? Te veel mans het klaar hulle vrouens en buurvrou kaal gesien.

Wat is die ooreenkoms tussen sex in Las Vegas en sex in Brakpan? Jy kan vir albei betaal met chips.

'n Brakpan paartjie skei en die vrou huil verskriklik. Die man klap haar teen haar kop en vra: "Hoekom huil jy, jy is nogsteeds my sussie"

Wednesday, 17 December 2014

Voor die huwelik

Iemand vra my netnou wat my opinie is oor "seks voor die huwelik", toe antwoord ek "dis okay, solank dit nie die seremonie vertraag nie."

'n Grappie hier, 'n grappie daar

Eskom, die enigste besigheid in die land wat jou smeek om nie hulle produk te gebruik nie.

Meneer sê vir klas: “Seks is ‘n manier van kommunikasie.” Jannie staan op en vra: “Beteken dit as ek draadtrek praat ek met myself?"

Juffrou: "Maak vir my 'n sin met die woord vakbond." Jannie: "F*ck Bond, Mcguyver bly die beste!"

Vuurvliegie sê vir sy tjommie: "Ek dink ek moet n bril kry, ek het nou amper 'n sigaret gespyker!"

Tuesday, 16 December 2014

'n Paar k@k grappies

Wat noem jy dit wanneer iemand die toiletseat mis kak? 'n Drukfout.

Ek dink "Spuitpoep en Alzheimers" saam is 'n k@k kombinasie. Mens hardloop, maar vergeet waarheen!

Blonds

Wat dink die blond terwyl 'n bul haar jaag in die veld? "Hoe de moer gaan ek 'n Kalf grootmaak in my flat?"

Hoe weet jy wanneer 'n blond chocolate chip koekies bak? Die hele kombuis lê Vol Smarties doppies!

Monday, 15 December 2014

Liewe Vader Krismis

Liewe Vader Krismis,

Ek skryf maar nou al vir jou want, al weet ek jy bestaan nie, kan jy dalk meer aan my probleme doen as die meeste mense hier.

My lysie is nogal lank, maar ek gaan die jaar soet(erig) wees. Eerste op my lysie is 'n bietjie krag. Nie die soort wat die lyf mee werk nie, maar die soort waarmee die TV werk. As jy dalk 'n nuwe yskas en 'n 'laptop' kan ingooi, sal dit gaaf wees, want myne is op hulle laaste bene met al die raaiselagtige elektriese toevoer.

Die tweede is 'n slim, regverdige en betrokke president. Dit is dalk 'n bietjie veel gevra, maar kyk maar hoe ver jy kan kom. 'n Paar bevoegde ministers sal 'n bonus wees. Ek hoor jy gebruik nie juis die teerpad nie, maar as jou helpers dalk iewers 'n bietjie aftyd het, kan hulle dalk so 'n paar van die slaggate kom opvul? Ek weet nie of dit juis tel onder 'n geskenk nie, maar dit sal 'n glimlag op duisende se gesigte sit. Ek weet nie wat jy gaan doen met die 19 000 mense wat vermoor is se geskenke nie. Dalk kan jy dit by die duisende by wie ingebreek is se huise afgee. En moenie bekommerd wees oor al die diefwering en alarms nie, die polisie is klaar so besig, oormoeg en onderbetaal dat hulle jou nie sal pla nie. (10111 werk ook nie meer nie.)

Vir die res van my familie kan jy maar net brandstof gee, want "my oom het nie eens meer 'n tenk vol diesel nie". As jy nie kans sien vir my lysie nie, stuur maar kontant. Maak asseblief net seker van die adres, want dinge (plekname) het weer verander vandat jy laas hier was.

Dankie en groete vir jou helpers.

Sunday, 14 December 2014

Nog nooit gesoen!

Die ma vat haar 16 jarige dogter na hulle dokter toe.

"Dokter, dis my dogter Marie. Sy raak in die oggende siek en naar, maar in die dag weer die snaakste cravings. Sy bly net gewig optel. Wat's fout dokter?"

Dokter ondersoek vir Marie en sê: "Mevrou, ek's bevrees maar jou dogter is ongeveer 4 maande swanger."

Die ma sê: "Dokter, dis onmoontlik! Nog nooit het 'n man seks met haar gehad of ons haar alleen by die huis gelos nie."

Marie voeg nog by: "En nog nooit 'n man gesoen nie!"

Die dokter gaan staan so by die ruit en staar seker vir maklik 5 minute na buite.

"Is daar iets fout dokter?" Wil die ma weet.

"Nee", sê die dokter, "Daar's niks verkeerd nie, maar die laaste keer dat so iets gebeur het, was toe daar 'n ster in die Ooste verskyn het en drie wyse manne oor die heuwel gekom het. Ek sal stupid wees om so iets te mis!"

Wednesday, 10 December 2014

My vrou is doof

Mike vermoed sy vrou is doof. Hy gaan sien sy huisdokter en vra of daar bepaal kan word of sy dalk 'n gehoorstuk benodig.

Die Dokter sê vir Mike: "Ja, dis maklik. Gaan huis toe en staan so 15 meter weg en vra in 'n gewone stemtoon 'n vraag. En so gaan jy aan tot sy gehoor gee en jou antwoord."

Mike kom by die huis en staan so 20 meter weg en vra: "Liefie, wat eet ons vanaand?"

Niks. Hy staan nader op so 15 meter en vra weer: "Liefie, wat eet ons vanaand?"

Niks. Hy staan nader op 10 meter, en weer op 5 meter, en uiteindelik op 2 meter, en vra weer: "Liefie, wat eet ons vanaand?"

Vrou: "Goeie bliksem Mike! Vir die 5de keer, f#kken hoender!"

Sunday, 7 December 2014

Draf in die oggend

Vroeg somersoggend in die Kaap en dit reën so saggies. Koos slaap by ’n ander man se vrou, toe dié onverwags tuiskom. Nie tyd vir aantrek nie en Koos spring sommer deur die venster en land tussen ’n groep joggers.

Die een kyk hom so en vra: "Hardloop jy altyd kaal?"

“Ja”, antwoord Koos, "Dit is mos lekker vars en vris so vroeg in die oggend.”

"Maar hardloop jy altyd met ’n kondoom?" vra die jogger.

Koos: ”Nee, net as dit reën.”

Thursday, 4 December 2014

Busses

Twee plaasboere kom van die Vrystaat af na Pretoria toe vir beesveiling, toe spietkop hulle aftrek.

Spietkop sê: "Sir this lane is for busses."

Ou Koos haak af: "Ons weet! Ek is BAAS Koos en hy is BAAS Piet."

Monday, 1 December 2014

Bietjie doof

Oom en tannie ry langpad. Hulle sien 'n ryloper en laai hom op.

Oomie: "Boet,waar kom jy vandaan?"

Ryloper: "Bloemfontein, oom."

Tannie: "Waar kom hy vandaan!?"

Oom: "Bloemfontein! Boet, wat het jy daar gemaak?"

Ryloper: "Ek het my cherrie gekuier, oom."

Tannie: "Wat sê hy!?"

Oom: "Hy het by sy meisie gekuier! En hoe is sy, boet. Jy kan maar praat, die tannie is maar bra doof."

Ryloper: "Oom, sy is n f#kken bitch wat vir f#kkol goed is."

Tannie: "Wat sê hy!?"

Oom: "Dit smaak my jy en sy girlfriend is een en dieselfde persoon!"