Sunday, 16 November 2014

Lekker om oud te wees

Die ou Oom vertel vir iemand hoe lekker dit vir hom is om oud te wees.

"Is die lewe nog opwindend oom?” vra die jong man.

"Maar natuurlik, Boet. Vat nou maar Dinsdagoggend. Ek en my vrou gaan eet ontbyt en loop in die Mall rond. Toe ek uitkom staan daar 'n verkeersman 'n boete en uitskryf."

“Ek stap na hom toe en se: ‘Is jy mal in jou kop? Hoe kan jy vir 'n ou man 'n boete uitskryf?’ Die verkeersman vererg hom en skryf sommer ook 'n boete uit vir die chip in die voorruit.”

“Ek skree op hom: ‘Is jy nou heeltemal besimpeld?’ Toe skryf hy 'n boete uit omdat die lisensie verval het.”

“Ek skree weer: ‘Dis nou tipies wat mens van jou soort kan verwag! Jy gee nie eers om vir ander mense nie.’”

“Toe skryf hy 'n boete vir die bande wat te glad is en teen hierdie tyd is hy al rooiwarm kwaad vir my. Hy druk sy vinger teen my bors en sis deur sy tande: en jy meneer, is in elk geval te oud om te bestuur.”

“En toe sê ek: ‘Wel daar stem ek met jou saam.’ Net toe kom ons bus en ek en my vrou klim in. Jy moes die verkeersman se gesig sien. Ek voel nie sleg vir die bestuurder van die kar nie, want agterop was 'n sticker wat sê: I love Malema!”

No comments:

Post a Comment