Saturday, 29 November 2014

Eskom


"Geborg deur Eskom." Dankie Idees Vol Vrees.

Diere geluide

Koos leer sy 3 jarige seuntjie om diere geluide na te maak.

"Wat se geluid maak 'n hond?"

"Woef woef!" sê die seuntjie.

"Mooi so seun en wat se geluid maak 'n kat?"

"Miaow!"

"Dis reg ou grote en wat se geluid maak 'n Koei?"

Seuntjie: "Koos, moenie eers daaraan dink om kroeg toe te gaan saam jou pêlle nie, want dan kan jy maar vergeet om ooit weer jou voete in die d@**#!e huis te sit!!!!"

Koos: "Baie oulik seun, baie flippen oulik."

Friday, 28 November 2014

Wasgoed

'n Jong getroude paartjie het in ‘n nuwe woonbuurt ingetrek. Die eerste oggend terwyl hulle ontbyt eet sien die jong vroutjie die buurvrou terwyl sy haar wasgoed buite ophang.

“Daardie wasgoed is nie baie skoon nie,” sê sy aan haar man. “Die buurvrou weet nie hoe om wasgoed behoorlik te was nie. Miskien moet sy oorskakel na ‘n ander waspoeier toe.”

Haar man het opgekyk na die buurvrou se wasgoed, maar het nie ‘n woord gesê nie.

Elke keer wanneer die buurvrou haar wasgoed op die draad hang het die jong vroutjie dieselfde opmerkings oor die toestand van die wasgoed.

Ongeveer ‘n maand later was die jong vroutjie die een oggend uiters verbaas om silwer skoon wasgoed op die buurvrou se wasgoeddraad te sien, “Kyk! Sy het geleer hoe om haar wasgoed behoorlik te was. Ek wonder wie het haar bietjie touwys kom maak?”

Haar man antwoord toe, “Ek het vanoggend bietjie vroeër opgestaan en ons vensters skoongemaak!”

Tuesday, 25 November 2014

Hoek van observasie

Die vrou hou haar skelmpie geselskap, en ewe skielik is daar 'n lawaai by die deur. Die skelmpie wil nog vlug, maar sy stel hom gerus: "My man is so dronk, hy sal jou nie eers opmerk nie."

Die man kom in die kamer in, kry darem die bed, en klim langs sy vrou in. Na 'n kort rukkie vra hy: "Vroutjie, ietsj isj fout, ek sjien dan sesj voete onner die laken, en dit moet net vier weesj."

"Nee my man, ek dink jou hoek van observasie is net verkeerd. Klim bietjie uit, staan daar, dan tel jy
weer."

Hy klim uit en tel weer: "Een, twee, drie, vier, jysj heeltemaal reg my vroutjie, ek sjien ook nou net vier voete. Nou kan ek verder sjlaap."

Monday, 24 November 2014

Toppunt van jaloesie

Wat is die toppunt van jaloesie?

Wanneer 'n man snags die lig aansit om te kyk dat die muskiete nie sy vrou steek nie.

So dronk

Twee ouens besoek 'n bordeel. Die ontvangsdame se vir die bestuurder: "Kry vir die twee elkeen 'n opblaas pop, hulle is so dronk, hulle sal dit nie eers agter kom nie."

Toe die mans huis toe stap sê die een: "Ek dink daai girl was dood want sy't nie 'n geluid gemaak nie."

Die ander man sê: "Ek dink daai girl van my was 'n heks."

"Hoe so?" vra die een.

"Toe ek haar tiet raak byt, toe vlieg sy by die venster uit!"

Monday, 17 November 2014

Kruis hangertjie

Die ouderling kon nie sy oë afhou van die meisie met die mooi gevormde buuste, en die pragtige hangertjie met die kruis, wat so tussen haar buuste gehang het nie!

Die predikant vra toe vir die broer of hy ook die kruis bewonder.

Hy sê toe: "Nee dominie, ek kyk vir die twee sondaars wat daar langs die kruis hang!”

Sunday, 16 November 2014

Lekker om oud te wees

Die ou Oom vertel vir iemand hoe lekker dit vir hom is om oud te wees.

"Is die lewe nog opwindend oom?” vra die jong man.

"Maar natuurlik, Boet. Vat nou maar Dinsdagoggend. Ek en my vrou gaan eet ontbyt en loop in die Mall rond. Toe ek uitkom staan daar 'n verkeersman 'n boete en uitskryf."

“Ek stap na hom toe en se: ‘Is jy mal in jou kop? Hoe kan jy vir 'n ou man 'n boete uitskryf?’ Die verkeersman vererg hom en skryf sommer ook 'n boete uit vir die chip in die voorruit.”

“Ek skree op hom: ‘Is jy nou heeltemal besimpeld?’ Toe skryf hy 'n boete uit omdat die lisensie verval het.”

“Ek skree weer: ‘Dis nou tipies wat mens van jou soort kan verwag! Jy gee nie eers om vir ander mense nie.’”

“Toe skryf hy 'n boete vir die bande wat te glad is en teen hierdie tyd is hy al rooiwarm kwaad vir my. Hy druk sy vinger teen my bors en sis deur sy tande: en jy meneer, is in elk geval te oud om te bestuur.”

“En toe sê ek: ‘Wel daar stem ek met jou saam.’ Net toe kom ons bus en ek en my vrou klim in. Jy moes die verkeersman se gesig sien. Ek voel nie sleg vir die bestuurder van die kar nie, want agterop was 'n sticker wat sê: I love Malema!”

Saturday, 15 November 2014

Bikers

Koos staan voor die hemelpoorte se hekke.

Die engel vra vir Koos: "Het jy enige iets op aarde gedoen wat goed is en wat meriete dra?"

Ja sê Koos: "Ek kan onthou toe ek by 'n bike rally was en 'n klomp bikers die een meisie wou aanrand."

Engel: "Wat het jy gedoen wat so goed is daarom trent?"

Koos sê toe: "Ek het reguit na die die grootste biker toe gestap, hom met die vuis gebliksem, sy neusring uit sy neus geruk en sy Suzuki Hayabusa 1300 bike omgegooi. Toe sê ek vir hulle: ‘As julle haar nie nou uitlos nie, skop ek sewe soorte kak uit julle almal uit!’”

Die engel vra toe: "Wanneer het dit gebeur?"

Koos: "So paar minute gelede!"

Wednesday, 12 November 2014

Die donkie

Koos ry met sy trekker die grondpad af en sien 'n hele klomp mense rondom sy buurman se skuur staan. Nuuskierig loop hy nader en sien piet daar staan.

"Middag Piet. Wat gaan hier aan?"

"Middag Koos. Nee man, die donkie het vanoggend Gert se skoonma teen die kop geskop en nou is sy oorlede!"

"Ag nee man. Jis, sy moes seker baie vriende gehad het!"

"Nee Koos, almal wil die donkie koop!"

Tuesday, 11 November 2014

Gatiep en die hoender

Gatiep staan buite voor 'n kafee en sien in die venster hoedat die hoenders binne lekker bruin gebraai word. Hy is baie honger en toe die eienaar sy rug vir ‘n oomblik draai, steel hy 'n hoender. Voordat hy die kafee kan verlaat haal die eienaar hom in.

Die eienaar besef hy kan nie hierdie hoender meer verkoop nie, maar wil nogtans Gatiep 'n les leer sodat hy nooit weer sal waag om in sy kafee te kom steel nie.

Hy sê vir die Gatiep: "Alles wat jy met die hoender gaan aanvang, gaan ek aan jou doen. Breek jy 'n vlerkie af, dan breek ek jou arm en as jy 'n boudjie afbreek, dan breek ek jou been!"

Gatiep staan so vir 'n oomblik die eienaar en aanstaar. Hy vat sy wysvinger druk dit in die hoender se agterent op, trek dit uit en lek dit af. Die eienaar kyk hom aan en sê toe: "Vat daai bleddie hoender en maak dat jy uit my d@nerse winkel kom!"

Thursday, 6 November 2014

Volkswagen Beetles

'n Blond se Volkswagen Beetle breek en gaan staan op die hoofweg. 'n Tweede blond ook met 'n Volkswagen Beetle stop om haar te probeer help.

Tweede blond vra aan eerste blond: "Wat is fout?"

Eerste blond antwoord: Dit lyk of hulle my enjin gesteel het."

Tweede blond antwoord: "Toemaar ek het 'n spare enjin agter in my beetle se boot."

Wednesday, 5 November 2014

In die hemel

Meraai sê vir Gatiep: "Djy moenie dink djy sal by die 
hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!"

Gatiep: "Dja Meraai, djy hou djou baaaie slim né. Maar daar is 'n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie. My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier uit!"

Tuesday, 4 November 2014

Jy was die rede!

Gatiep sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot. Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei. Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe.

Hy vat 'n leë bottel, smyt dit teen die muur en skel: “Djy issie reason lat ekkie 'n vrou hettie!”

Hy vat 'n tweede bottel: “Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!”

Derde bottel: “Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!”

Vierde bottel: “Djy issie reason lat ekkie 'n huis hettie!”

Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn. Hy sit die bottel saggies neer en sê: “Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie!”

Monday, 3 November 2014

Aspoestertjie

Waar het aspoestertjie haar naam gekry

Sy het op ’n warm stoofplaat gaan sit.

My vrou is beter

Koos en Piet gaan hoerhuis toe. Koos gaan eerste en na 'n paar minute kom hy weer uit en sê: "Ek het my geld gemors my vrou is ver beter!"

Piet gaan toe in en kom ook na 'n paar minute uit en sê: "Koos, jy's reg, jou vrou is ver beter!"

Sunday, 2 November 2014

Klein Kosie in graad een

Dit gaan nie goed met klein Koos in graad een nie. Hy skryf verskriklik lelik en sy juffrou kan dit nie hanteer nie. Skryf Kosie ‘n bladsy vol, kos dit net een kyk van juffrou en dan skeur sy die blad uit. Elke keer as ‘n blad in die slag bly mompel Kosie iets wat klink soos: “Jy vat my hond!”

Só gaan dit heeldag. Juffrou skeer ‘n bladsy uit, gevolg deur ‘n “Jy vat my hond!”

Met oueraand takel juffrou sommer dadelik vir arme klein Koos se ma oor sy handskrif.

“Ja, juffrou,” bieg Kosie se ma, “ek weet hy skryf verskriklik lelik. Ek weet nie wat om daaraan te doen nie.”

“En hoekom sê hy aanhoudend ‘Jy vat my hond!’” wil juffrou weet.

“Ag, juffrou, hy het ook ‘n spraakgebrek. Wat hy eintlik probeer sê is ‘Jy f#k my rond!’”