Monday, 13 October 2014

Haelgeweer

’n Jagter se haelgeweer word deur ‘n sterk wind omgewaai. Dit gaan af en skiet hom in sy geboortemasjien se area.

Die dokter sê: "Ek het goeie en slegte nuus. Goeie nuus: Min skade aan jou knaters, het al die haelkorrels verwyder."

Jagter: "Wat kan die slegte nuus dan wees?"

Dokter: "Daar is egter skade aan jou meneertjie, hy het ‘n paar gate in. Ek sal jou na my suster verwys."

Jagter: "Dit klink nie te erg nie, is jou suster n plastiese chirurg?"

Dokter: "Nee – sy speel fluit in die Johannesburgse simfonieorkes en sy gaan jou leer waar om jou vingers te plaas sodat jy nie in jou oog pis nie.”

No comments:

Post a Comment