Tuesday, 14 October 2014

Tik op skool

Mavis doen aansoek vir werk. By die onderhoud vra die eienaar: "Mavis, het jy tik geneem op skool ?"

Mavis: "Nei maneer, dai djare was da net dooswyn en dagga."

Monday, 13 October 2014

Haelgeweer

’n Jagter se haelgeweer word deur ‘n sterk wind omgewaai. Dit gaan af en skiet hom in sy geboortemasjien se area.

Die dokter sê: "Ek het goeie en slegte nuus. Goeie nuus: Min skade aan jou knaters, het al die haelkorrels verwyder."

Jagter: "Wat kan die slegte nuus dan wees?"

Dokter: "Daar is egter skade aan jou meneertjie, hy het ‘n paar gate in. Ek sal jou na my suster verwys."

Jagter: "Dit klink nie te erg nie, is jou suster n plastiese chirurg?"

Dokter: "Nee – sy speel fluit in die Johannesburgse simfonieorkes en sy gaan jou leer waar om jou vingers te plaas sodat jy nie in jou oog pis nie.”

Sunday, 12 October 2014

R20 vir 'n brood

Mamma stuur seun winkel toe met R20 vir ’n brood. ’n Ander ou kom en gryp die geld en hardloop weg.

Die seun haak af en sê: “Haha, jy weet nie eers wat om te kooop nie!”

Friday, 10 October 2014

Dis naweek!


In my broek?!

Mike en Kallie is dik gesuip en slinger-slinger dronk-dronk huis toe. Mike verloor vir Kallie en sien hom 'n paar meter agter hom in die pad staan.

Mike: “Kalllie ish jy ouraaait?”

Kallie: “Nee, ehk hhjet nou nnnet iiin my broek gekak!”

Mike: “Nou hjoekom sshtaan jy nog daar?”

Kallie: “Ekshh noggie klaar nie!”

Friday, 3 October 2014

Ouma en haar kleinseun

Ouma en haar kleinseun stap winkel toe. Oppad, tel die laaitie 'n bubblegum op, wat hy sien lê. Die ouma slaan hom op sy hand en sê: "Jy tel nie ou goed op nie!"

Hulle stap verder en net so 'n entjie verder val ouma. Die kleintjie loop toe verder. Ouma roep hom terug en sê: "Kom tel my op."

Hy sak toe af: “Ouma het dan nou net gesê ek mag nie ou goed optel nie!"

Thursday, 2 October 2014

Hoe om 'n perd te koop

Jannie vra vir sy pa by die veiling waarom hy eers oor die perde se borse vryf voor hy hulle koop.

"Ek maak seker die perd is in 'n goeie toestand my seun", sê die pa.

Jannie sê: "Ek dink daai Telkom-ou wil vir ma dan koop!"

Wednesday, 1 October 2014

Luiperds om te vervoer

Koos sien 'n advertensie in die Landbouweekblad waar 'n boer tenders inwag vir iemand om die luiperds op sy plaas te vang en na 'n wildreservaat te verskuif. Hy besluit om te tender, en omdat hy toe verreweg die goedkoopste is, kry hy die job.

Die volgende dag daag hy by die plaas op met 'n bakkie, 'n foxterriër, ou Jonas, 'n spul streepsakke en 'n .22 geweer. Die boer lyk maar skepties, maar aan die einde van die dag lê daar 12 luiperds in streepsakke, reg om vervoer te word.

Die boer is beïndruk en vra of hy die volgende dag kan saamry om te kyk hoe Koos dit doen. Dit werk toe so: 

Sodra hulle 'n luiperd sien, jaag hulle hom in die naaste boom op met die bakkie. Koos klim agterna, en soos die luiperd grom en na hom klap, grom en klap Koos terug totdat hy die luiperd op die dun takke vasgekeer het. Wanneer die tak dan padgee en die luiperd grond toe val, gryp die foksterriër hom aan die juwele en hou vir al wat hy werd is terwyl Jonas hom in die streepsak toebind.

"Maar waarvoor is die .22 dan?" wil die boer weet.

"Jong," sê Koos, "so met die heen-en-weer geklappery kan dit dalk gebeur dat EK uit die boom val. En dan moet Jonas die .22 gebruik om die foksterriër te skiet."