Wednesday, 3 September 2014

Ouer vroue is darem maar vreeslik slim

Op 'n dag kyk ek vir my vrou só, en sê: "Liefie, toe ons 30 jaar gelede getroud is, het ons 'n goedkoop woonstel en 'n goedkoop kar gehad. Ons het op 'n sofabed geslaap en na 'n swart-en-wit TV-stel gekyk. Maar ek het elke aand by 'n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons 'n mooi huis, 'n mooi kar en 'n plasma TV-skerm. Maar ek slaap elke aand by 'n vrou van 55. Ek dink nie jy is besig om jou kant te bring nie."

My vrou is 'n baie redelike mens. Sy sê toe ek moet gaan en vir my 'n warmbloedige, 25-jarige blondine soek. Dan sal sy wat my vrou is, seker maak dat ek weer in 'n goedkoop woonstel bly, in 'n goedkoop kar ry, op 'n sofabed slaap en na 'n klein swart-en-wit TV kyk. Ouer vroue is briljant.

No comments:

Post a Comment