Monday, 29 September 2014

Sterre

Koos en sy pêl Jan, wat oorsee studeer by Yale, besluit een naweek toe hy kom kuier om te gaan kamp. Hulle het by hulle oord gekom, lekker gebraai, 'n paar doppe gedrink, die tent op geslaan en toe gaan slaap.

Laat die aand maak Koos vir jan wakker en vra: "Hoor hier Jan, wat sien jy?"

Jan kyk op na die sterre en antwoord: "Wel, astrologies gesproke sê die sterre vir my dat die duiwel is in Leo. Teologies sê die sterre vir my dat dit omtrent 3am is en meteorologies se die sterre vir my dat more 'n mooi dag gaan wees."

Hy kyk na Koos en vra: "Nou wat sien jy ou pêl?"

Koos: "Wel, prakties gesproke, sê die sterre vir my... iemand het ons f#kken tent gesteel!"

Sunday, 28 September 2014

Bagpipes

Die skot word gevra om bagpipes op 'n boemelaar se begrafnis te speel omdat hy nooit iets goeds in die lewe gehad het nie. Die skot willig in, maar verdwaal in sy maai in. Naderhand kom hy toe darem aan op die laaste toe hul besig is om die gat toe te gooi.

Hy vra toe maar die grawers of hy iets kan speel en hul sê ja, go ahead. Die skot speel toe "Amazing Grace" met sy hele hart en siel. Die grawers is eintlik in snot en trane en die skot vra nou hoekom huil hul.

Sê die een grawer: "Nee man. In ons 15 jaar van septic tanks insit het dit nog nooit ooit gebeur dat iemand so mooi vir ons kom speel nie."

Monday, 15 September 2014

Mexican grappe

Ek weet hierdies is in engels, maar dis seriously awê. So check dit elk geval bietjie uit!




Spring, bosluis, spring

Boeta moet taak maak oor 'n insek vir skool maar het nie 'n clue wat of waar om te begin nie. Hy sit en wonder nog toe 'n bosluis verby hom spring. Hy gryp hom, bestudeer hom, en skryf: Bosluis het 6 pote.

Hy sit hom neer en sê: "Spring, bosluis, spring."

Hy meet dit en skryf: Bosluis met 6 bene spring 6 meter.

Hy breek 1 pootjie af en en sê weer: "Spring, bosluis, spring."

Hy meet weer en skyf: Bosluis met 5 bene spring 5 meter.

So gaan dit aan. Hy breek elke keer 'n pootjie af en bosluis spring elke keer 'n meter korter. Later het bosluis niks pootjies oor nie. Hy sit hom weer neer en sê weer: "Spring, bosluis, spring."

Maar niks! Hy beveel hom 'n tweede keer, maar niks.

Hy skryf toe: Bosluis sonder pote is doof.

Sunday, 14 September 2014

Skiet kompetisie

Robin Hood, James Bond (007) en van der Merwe is in ‘n skyfskiet kompetisie.

Robin Hood skiet met sy pyl en boog en skiet die appel middel deur op die outjie se kop. Hy sê: “Ek is Hood, Robin Hood.”

Daarna doen 007 dieselfde met sy Walter PPK pistool. Hy sê: “Ek is Bond, James Bond.”

Van der Merwe haal sy kettie uit en skiet die outjie tussen die oë, morsdood, op die plek. Hy sê: “Ek is sorry, flippen sorry!”

Saturday, 13 September 2014

Gooi bietjie petrol in

Boetie betrap sy pa en ma in die kamer en vra: ”Wat maak pa nou?”

Pa: “Ag ek gooi net so bietjie vir mammie petrol in.”

Boetie: “Sjoe, dan is mammie baie swaar op juice want oom Jannie het ook gister volgemaak!”

Friday, 12 September 2014

Koos vry lekker

Koos vry sy meisie en sy raak 'n bietjie meegevoer en fluister in sy oor: "Koos soen my op ‘n lekker plek."

Koos sê: "Nooit, ek ry nie nou Loftus toe nie!"

Dis Vrydag!


Petrol is duur


Thursday, 11 September 2014

Kyk mooi na my dogter

Pa se reëls:

  1. As jy voor my hek toeter blaas, beter jy iets kom aflewer. jy kom seker niemand oplaai nie.
  2. Kyk my dogter in die oë as jy met haar praat. moet nooit êrens anders kyk nie.
  3. As jou broek enige tyd lyk of hy los is, sal ek met 'n paar spykers sorg dat hy bly waar hy moet wees.
  4. Ek lyk nie gemeen nie. ek is gemeen.
  5. Moenie met my oor politiek of sport of die weer praat nie. al wat ek wil hoor is hoe laat jy my dogter terugbring. al woord wat ek verstaan is "vroeg".
  6. Moenie rondtrippel as jy vir my dogter wag nie. Sy vat lank. Maak jouself handig en was die kar.
  7. As jy my dogter laat huil, laat ek jou huil.
  8. Flieke met ouderdomsbeperkings is uit. Walt disney is aanvaarbaar. 'n Besoek aan haar ouma is beter.
  9. Moenie vir my lieg nie, ek gaan jou uitvang.
  10. Moenie gerus wees omdat ek 'n ouderling is nie, ek doen dit net om my vrou gelukkig te hou.

Wednesday, 10 September 2014

Goeie raad vir skeel oë

Koos is van geboorte hewig skeel en vra raad vir sy oë by die dokter.

Dokter se voorskrif:
“Plaas eiers op oë vir vyf minute elke dag. Hou behandeling vol vir twee maande.”

Koos rapporteer binne een dag terug per e-pos aan die dokter se spreekkamer:
"Hi Dokter,


Dit was m**r seer en ek kon hulle net tot my naeltjie kry, toe trek my oë vanself reg!


Vriendelike groete en dankie vir die raad!


Koos”

Tuesday, 9 September 2014

Swangerskap toets

Twee blonds sit en gesels.

Eerste blond: "Ek het 'n swangerskap toets gedoen!"

Tweede blond: "Was die vrae moeilik gewees?"

Sunday, 7 September 2014

Ek trek na my ma toe

Vrou is besig om haar klere te pak.

Man: "Waarheen gaan jy?"

Vrou: "Ek trek na my ma toe."

Man begin ook pak.

Vrou: "Waarheen dink jy gaan jy?"

Man: "Ek trek ook na my ma toe."

Vrou: "Nou wat van die kinders?"

Man: "As jy na jou ma toe trek en ek trek na my ma toe, dan moet hulle seker ook maar na hul ma toe trek."

Kitsgras

Wat het die blondine gesê toe sy eendag sien hoe 'n vrag kitsgras by haar buurman afgelaai word?

"As ek eendag ryk is gaan ek ook my gras wegstuur om gesny te word."

Saturday, 6 September 2014

Ice bucket challenge


Help my stoot

'n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die oggend deur 'n harde geklop aan die deur. Die man staan op en gaan maak die deur oop waar 'n dronkie in die gietende reën staan. Die ou dronkie sê hy het iemand nodig om hom te help stoot.

"Dit sal die dag wees, daar is nie 'n manier nie.” sê die man. "Dit is drie uur in die oggend."

En hy slaan die deur toe en gaan terug bed toe.

"Wie was dit?" vra sy vrou.

"Net 'n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help stoot.” antwoord hy.

"Het jy hom gehelp?" vra sy.

"Nee, dit is drie uur, en dit sous daar buite!"

“Wel jy het 'n kort geheue," sê sy. "Onthou jy drie maande terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens ons gehelp het? Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te skaam."

Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar aan. Hy gaan uit in die gietende reën en roep uit: "Hallo, is jy nog daar?"

"Ja." kom die antwoord terug.

"Het jy nog iemand nodig om jou te stoot?" vra hy.

"Ja, asseblief." Kom die antwoord uit die donkerte.

"Waar is jy?" vra die man.

"Hier op die swing." antwoord die dronkie.

Wednesday, 3 September 2014

Ouer vroue is darem maar vreeslik slim

Op 'n dag kyk ek vir my vrou só, en sê: "Liefie, toe ons 30 jaar gelede getroud is, het ons 'n goedkoop woonstel en 'n goedkoop kar gehad. Ons het op 'n sofabed geslaap en na 'n swart-en-wit TV-stel gekyk. Maar ek het elke aand by 'n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons 'n mooi huis, 'n mooi kar en 'n plasma TV-skerm. Maar ek slaap elke aand by 'n vrou van 55. Ek dink nie jy is besig om jou kant te bring nie."

My vrou is 'n baie redelike mens. Sy sê toe ek moet gaan en vir my 'n warmbloedige, 25-jarige blondine soek. Dan sal sy wat my vrou is, seker maak dat ek weer in 'n goedkoop woonstel bly, in 'n goedkoop kar ry, op 'n sofabed slaap en na 'n klein swart-en-wit TV kyk. Ouer vroue is briljant.

Monday, 1 September 2014

Is tannie 'n Christen?

“Tannie?” vra ‘n klein seuntjie vir ‘n mooi jong meisie op die strand, “gaan tannie elke Sondag kerk toe?”

“Ja!” sê die meise verbaas.

“Is tannie ‘n Christen?” vra hy weer, sy knik ja natuurlik.

“Bid tannie elke aand?” En weer kry hy ‘n knik.

“Sal tannie asseblief my beursie vashou terwyl ek gaan swem?”