Tuesday, 5 August 2014

Mamma is so slim

Die mamma was besig om te stap met haar vierjarige dogtertjie. Die dogtertjie tel iets op en wil dit in haar mond steek. Die mamma vat die ding af en sê haar aan om dit nie te doen nie.

"Hoekom nie?" vra haar dogtertjie.

"Omdat dit op die grond was, jy weet nie waar dit was nie, dis vuil, en het miskien kieme," antwoord die mamma.

Die kind kyk haar aan met totale bewondering en vra: "Mamma, hoe weet Mamma al hierdie goed? Mamma is so slim."

Die ma dink vinnig: "Alle mammas weet hierdie goed. Dis op die mamma-toets. Jy moet dit weet, anders mag jy nie 'n mamma wees nie."

Die twee loop saam in stilte vir 'n paar minute, die dogtertjie klaarblyklik besig om hierdie nuwe inligting te oordink.

"O!" straal sy. "So, as jy nie die toets slaag nie, is jy die pappa."

No comments:

Post a Comment