Wednesday, 27 August 2014

Handsome kêrels

Twee meisie veldmuise sit elkeen met n pakkie kaaskrulle en praat oor hul kêrels. Die een meisie muis haal 'n foto van haar muis kêrel uit en wys dit vir haar vriendin. Dis 'n pragtige seun muis met donker strepe oor sy breë muis skouers.

"Sjoe, maar hy's nogal handsome!” antwoord die blonde muis vriendin. "Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk", sê sy terwyl sy 'n foto uit haar muis handsakkie haal.

"My blikskottel dis dan 'n vlermuis!" sê die ander vriendin verbaas.

Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit: "Die lae blikoor! En hy vertel my al die tyd hy's 'n ‘pilot’!”

No comments:

Post a Comment