Sunday, 31 August 2014

My pa baklei

Seuntjie staan en huil terwyl twee mans baklei.

"Wat is fout?” vra 'n man wat verby loop.

"My pa baklei met 'n ander man!"

"Watter een is jou pa?"

"Ek weet nie...dis waaroor hulle baklei."

Wednesday, 27 August 2014

Is my toppie te laag?

Blond vra vir baas: "Is my toppie se cleavage te laag?"

Baas: "Het jy borshare?"

Blond: "Nee."

Baas: "Dan is dit dalk bietjie laag..."

Handsome kêrels

Twee meisie veldmuise sit elkeen met n pakkie kaaskrulle en praat oor hul kêrels. Die een meisie muis haal 'n foto van haar muis kêrel uit en wys dit vir haar vriendin. Dis 'n pragtige seun muis met donker strepe oor sy breë muis skouers.

"Sjoe, maar hy's nogal handsome!” antwoord die blonde muis vriendin. "Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk", sê sy terwyl sy 'n foto uit haar muis handsakkie haal.

"My blikskottel dis dan 'n vlermuis!" sê die ander vriendin verbaas.

Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit: "Die lae blikoor! En hy vertel my al die tyd hy's 'n ‘pilot’!”

Tuesday, 26 August 2014

Was jy soet op aarde?

'n Klomp paddatjies vrek toe die plaasdammetjie waarin hulle gebly het opdroog en nou staan hulle so 'n tou voor die hekke van die padda hemel en wag om in te gaan.

By die hek moet hulle eers ondervra word, sodat daar vasgestel kan word of hulle darem kwalifiseer vir die padda hemel.

Die eerste outjie kom by die padda-engel en dié vra hom: “Paddatjie wat is jou naam?”

“My naam is Willie oom.”

“Was jy soet toe jy op aarde was?”

“Ja, oom.”

“Wat het jy alles gedoen?”

“Ag, maar in die môre opgestaan, uit die water gespring, op klippie gespring, af klippie gespring, en dan maar terug in die water gespring.”

“Is dit al wat jy gedoen het?”

“Ja, oom! Dis maar al wat ons gedoen het.”

Die volgende paddatjie kom by die engeltjie en dié vra hom ook: “En wat is jou naam?”

“My naam is Petrus oom.”

“En wat het jy gedoen toe jy op aarde was?”

“Ag, ook maar net opgestaan, uit die water gespring, op klippie gespring, af klippie gespring en dan weer terug in die water gespring.”

So gaan dit aan, een na die ander, almal dieselfde roetine elke dag. Uit die water, op klippie, af klippie, en weer terug in die water.

Hier by die tiende paddatjie kom daar so 'n skaam paddatjie by die hek en die engel vra haar: “Paddatjie, wat is jou naam?”

“My naam is Klippie oom!”

Monday, 25 August 2014

Boere en viagra

Boere kan nou viagra aftrek van belasting, dit gaan deur onder pomp toerusting.

Ebola


Thursday, 21 August 2014

R800 asseblief

Terwyl Jan en sy vrou in die stort was, is daar 'n geklop aan deur. Die vrou gaan kyk toe en vind uit dus haar man se vriend John.

"Hey, as jy my jou borste wys gee ek jou R400." En sy doen dit.

John: "Ek het nog 'n R400 in my ander sak, wys my jou boud dan gee ek dit vir jou." Sy maak so en kry die R400. Vrou gaan terug stort toe.

Jan: "Wie was dit?"

Vrou: "Jou vriend, John."

Man: "Ek hoop hy het jou die R800 gegee wat hy my skuld."

Purity

Twee babas gesels.

Baba een: "Weet jy, ek so gatvol vir Purity! Dis Purity in die oggend, Purity in die middag, Purity in die aand en dan nog tussenin ook!"

Baba twee: "Jissie ou, jys flippen lucky! Try bietjie 'n tiet deel met 'n ou wat Chesterfield rook!"

Monday, 18 August 2014

Lie Detector

'n Pa koop 'n lie-detector-robot wat jou klap as jy lieg.

Daardie aand aan tafel vra hy vir sy seun: "Waar was jy vandag?"

"By die skool Pa." Whap! Klap die robot hom.

"Jy lieg!" sê sy pa.

"Oukei oukei," ek het 'n DVD gekyk by die huis."

"Watter DVD?" vra sy pa.

"Toy Story 3!" sê die seun. Whap! Klap die robot hom weer.

"Oukei oukei," na aan trane sê die seun, "Dit was porn."

Die pa sê toe vir hom: "Toe ek jou ouderdom was het ek nie eers geweet van porn nie." Whap! Klap die robot vir pa.

Die ma lag en sê: "'n Mens kan sien hy is jou seun." Whap! Klap die robot die ma!

Thursday, 14 August 2014

Biblioteek

Ek sien in Brakpan het die polisie ’n bust agter die biblioteek gedoen. Hulle het ’n 100kg dagga, 60kg tik, onwettige wapens en ammunisie gekry.

Die mense van Brakpan was so geskok gewees. Hulle het nie eers geweet daar is ’n biblioteek nie!

Wednesday, 13 August 2014

Great Shark

Piet, Gatiep en Sipho gaan akwarium toe.

Piet sê: “Check daai moewiese haai, dis ‘n Great White!”

Sipho strip toe sommer sy BEE-georiënteerde moer en vra: “Why does everything have to be white? There should be a Great Black Shark.”

Gatiep scheme toe: “Nei my bra, djy’s mal, hoe salit wies as ‘n haai nie kan swemmie! Maar imagine…’n Great Coloured Shark!”

Piet check hom uit en sê: “Is JY nou blerrie mal?! Hoe sal ‘n haai nou lyk sonder voortande?!”

Monday, 11 August 2014

Bloedsomloop

Die onderwyseres bespreek "bloedsomloop" met die kinders.

"As ek nou op my kop sou staan, sal die bloed in my kop inloop en ek sal rooi word in my gesig. Is dit so?"

"Ja , juffrou," antwoord die klas.

"Nou wie kan vir my sê hoekom hardloop die bloed nie in my voete in as ek regop staan nie?"

Klein Jannie skree agter uit die klas uit: "Omdat juffrou se voete nie leeg is nie!"

Koos se drieling

Koos se vrou kraam en hy is gewelding geskok toe dit 'n drieling is. Hy vra sy vrou geskok hoe het dit dan gebeur.

"Onthou jy toe die vaseline klaar was, het ons die 3-in-1 olie gebruik." antwoord sy hom.

Koos: "Goeie hel! Ek's so bly ons het nie die Q20 gebruik nie!"

Sunday, 10 August 2014

Daar was 'n aardbewing

Vir dié van jul wat die aardbewing gemis het, hier is 'n recap!





Tuesday, 5 August 2014

Mamma is so slim

Die mamma was besig om te stap met haar vierjarige dogtertjie. Die dogtertjie tel iets op en wil dit in haar mond steek. Die mamma vat die ding af en sê haar aan om dit nie te doen nie.

"Hoekom nie?" vra haar dogtertjie.

"Omdat dit op die grond was, jy weet nie waar dit was nie, dis vuil, en het miskien kieme," antwoord die mamma.

Die kind kyk haar aan met totale bewondering en vra: "Mamma, hoe weet Mamma al hierdie goed? Mamma is so slim."

Die ma dink vinnig: "Alle mammas weet hierdie goed. Dis op die mamma-toets. Jy moet dit weet, anders mag jy nie 'n mamma wees nie."

Die twee loop saam in stilte vir 'n paar minute, die dogtertjie klaarblyklik besig om hierdie nuwe inligting te oordink.

"O!" straal sy. "So, as jy nie die toets slaag nie, is jy die pappa."