Sunday, 6 July 2014

Drie dominees

Drie dominees is een Saterdag almal saam af. Hulle besluit toe om vis te gaan vang.

Langs die rivier sê die eerste dominee: "Broers, ons sit lekker rustig hier langs die waters sonder om na ander mense se probleme te luister. Ek dink dis miskien tyd dat ons ook ’n beurt kry om bietjie af te pak, en broers, ek het veral nodig om keel skoon te maak. Ek vat die kerk se geld en as hulle daarvan moet uitvind, is ek in GROOT moeilikheid."

Die tweede dominee val ook in: "Broers, ek slaap rond, en terwyl ek preek, kyk ek alreeds vir my volgende slagoffer."

Die eerste en tweede dominee kyk na die derde dominee wat ongemaklik begin rondskuif. Derde dominee: "Broers, my probleem is dat ek verskriklik skinner, en ek kan nie wag om die gemeente hiervan te vertel nie!"

No comments:

Post a Comment