Wednesday, 30 July 2014

Girls Night

Ek was nou die aand saam met "die girls" uit nadat ek my man belowe het dat ek om middernag tuis sal wees. Maar die ure het vinnig verbygegaan, en die margaritas het net so maklik afgegaan.

Om 'n lang storie kort te maak: Ek is eers skuins voor drie daar weg. Toe ek by die voordeur ingaan, het die koekoekklok in die portaal drie keer gekoekoek en vertel dis drie-uur. Ek het vinnig gedink, besef my man sal waarskynlik nou wakker wees en ek wil tog nie nou 'n woordewisseling met hom aanknoop nie. Ek het vinnig nog 9 koekoeks gemaak, want 9+3 = 12 en 12 is middernag.

Die volgende oggend sê hy ons sal die koekoekklok moet laat regmaak.

"Hoekom?" vra ek.

"Want laasnag het hy drie keer gekoekoek, en toe sê hy 'o donner' en toe koekoek hy nog vier keer, maak keelskoon, koekoek nog vyf keer, giggel, val oor die koffietafel en poep kliphard."

Tuesday, 29 July 2014

Ons weet hoe oud jy is!

Drie stoute oumas het op 'n bank voor die ouetehuis gesit, toe 'n oupa verby stap.

Een van die oumas skree vir hom: "Haai, ons wed jou ons kan jou presiese ouderdom vir jou sê."

Die oupa sê: "Daar is geen manier wat julle dit kan doen nie!"

Oumas: "Natuurlik kan ons. Laat sak jou broek en onderbroek en ons sal vir jou presies sê hoe oud is jy."

Verleë maar angstig om hulle verkeerd te bewys, laat sak hy sy broek en onderbroek. Die oumas vra hom om eers 'n paar keer in die rondte te draai en toe om 'n paar keer op en af te spring. Vasberade om die oumas verkeerd te bewys, doen hy dit.

Toe sê hulle in een stem: "Jy is 87 jaar oud!"

Met sy broek nog om sy enkel vra die oupa baie verbaas: "Hoe op dees aarde het julle dit geweet?"

Die oumas bars uit van die lag, high five mekaar en lyk heel gelukkig met hulself. Hulle sê vir die oupa: "Ons was gister by jou verjaarsdagpartytjie!"

Monday, 28 July 2014

Groente wat oë laat traan

Juffrou vra vir die klas: "Kinders, watter groente laat 'n mens se oë traan?"

Jannie agter in die klas antwoord: "'n Aartappel juffrou!"

Juffrou: "Nee, Jannie, dit is 'n ui."

Jannie antwoord baie verontwaardig: "Juffrou was heel duidelik nog nooit met 'n aartappel in die eiers gegooi nie!"

Sunday, 27 July 2014

Blondine se huis

Hoe weet jy wanneer jy by 'n blondine se huis opgeland het?

As daar 'n loergaatjie by die skuifdeur is!

Mugabe lookalike


Friday, 25 July 2014

Meraai die cheater

Gatiep vang 'n jong in die bed by Meraai, maar voordat hy hom kon herken, het die ou deur die venster gespring en gehol.

Toe Gatiep buite kom, beduie sy buurman straat af en sê: "Hy't dáái kant toe gehardloop!"

"Dankie boet," sê Gatiep in die verbygaan. "En gaan trek iets aan dis vrek koud buite!"

Thursday, 24 July 2014

Amper soos visvang

Twee seuntjies sit met hulle totties in ‘n dammetjie water.

'n Oom kom verby gestap en vra: "Wat maak julle?"

"Ons probeer doos vang Oom!"

Die oom (speel maar saam om te kyk) en vra: "Kan ek ook probeer?"

Hulle sê: "Ja, Oom! Jy moet jou broek aftrek en ook jou tottie in die dammetjie water sit soos ons."

Na so 'n ruk vra die oom: "Hoeveel dose het julle al gevang?"

Die twee seuntjies sê: "Oom is die vyfde een vandag!"

Wednesday, 23 July 2014

Winkel-winkel

Twee mal ouens speel winkel-winkel.

Koos sê vir Piet: "Staan in die ry dan koop jy iets by my."

Piet staan toe in die ry, kom by die toonbank en vra: "Gee my 'n bottle chips asseblief."

Koos sê: "Jy kry nie chips in 'n bottle nie. Staan weer agter in die ry dan koop jy weer."

Piet staan toe weer agter in die ry, kom by die toonbank en vra: "Gee my 'n halwe liter chips asseblief."

Koos sê: "Nee hel my bru jy is mos 'n blerrie dom customer! Ek sal die customer speel dan staan jy agter die toonbank."

Koos staan toe in die ry, kom by die toonbank en vra: "Gee my 'n pakkie chips asseblief!"

Piet vra: "Waar is jou empty?"

Friday, 11 July 2014

Lekker shopping

Ek en vroulief het bietjie gaan inkopies doen vandag by checkers.

Ons beweeg nog so lekker deur die rakke en eweskielik klap sy my teen die kop en sê: ''Jy is darem 'n slegte man!''

Ek was so geskok dat ek amper uit die trolley geval het!

Thursday, 10 July 2014

My kar is gesteel

'n Man kom laggend die aanklagkantoor in.

"My kar is gesteel."

"Nou hoekom lag jy dan?" vra Sersant.

"Omdat my skoonma agter in die kar sit!"

Monday, 7 July 2014

Verf daai shack

Julius Malema is besig om sy sink shack te paint. Hy het ’n dik jas en ’n reenjas aan.

Zuma kom verby en vra: “Hey wena, jy kry nie warm nie?”

Malema antwoord: “Hey wena. By die paint blik, hulle sê, jy moet two coats sit. Hau!”

Sunday, 6 July 2014

Drie dominees

Drie dominees is een Saterdag almal saam af. Hulle besluit toe om vis te gaan vang.

Langs die rivier sê die eerste dominee: "Broers, ons sit lekker rustig hier langs die waters sonder om na ander mense se probleme te luister. Ek dink dis miskien tyd dat ons ook ’n beurt kry om bietjie af te pak, en broers, ek het veral nodig om keel skoon te maak. Ek vat die kerk se geld en as hulle daarvan moet uitvind, is ek in GROOT moeilikheid."

Die tweede dominee val ook in: "Broers, ek slaap rond, en terwyl ek preek, kyk ek alreeds vir my volgende slagoffer."

Die eerste en tweede dominee kyk na die derde dominee wat ongemaklik begin rondskuif. Derde dominee: "Broers, my probleem is dat ek verskriklik skinner, en ek kan nie wag om die gemeente hiervan te vertel nie!"

Saturday, 5 July 2014

Proe asseblief!

Die blondine stap by ’n apteek in en haal ’n botteltjie vloeistof en ’n teelepel uit haar handsak. Sy gooi van die vloeistof in die teelepel en vra die apteker om te proe. Die apteker proe en trek ’n vreeslike gesig.

Blondine: “Proe dit soet?”

Apteker: “Nee!”

Blondine: “Dankie tog, my dokter het gesê ek moet my urine by julle kom toets vir suiker.”