Wednesday, 18 June 2014

Krimpie klagtes

Drie krimpies sit op die stoep by Huis Herfsblaar. Oom Fanie tune: "Manne, ek het 'n probleem. Ek is nou 70 en ek sukkel om te pis. Elke oggend staan ek 7 uur op en probeer alles om te pis en niks help nie. Hulle gee vir my even medisyne maar f#kol help."

Oom Frik gee ook 'n diep sug: "Kyk, ek is nou net skuins oor die 80 en ek weet waarvan jy praat, ou Faans. Ek staan ook net na 7 op en ek sukkel ook om te pis, maar dis vir my effens erger, want ek sukkel om te kak ook en nie eers groen tee wil my maag laat loop nie."

Oom Louis steek sy pyp op en tuur in die verte in: "Ek is net onder neeeeentig, ou vriende. Klokslag elke oggend om seeeewe, dan laat loop ek met die pielietjie en ek vang ook sommer 'n gesonde ou kak. Die probleem is, ek word eers hier by neeege wakker."

No comments:

Post a Comment