Wednesday, 25 June 2014

Ouma se kos

Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet.

"Jannie, asseblief!" sê sy ma, "Wag asseblief tot ons gebid het."

"Ek hoef nie," sê hy dadelik.

"Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voordat ons by die huis eet."

"Ja, maar dit is by ons huis." verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook."

Tuesday, 24 June 2014

80 jaar

Ou oom van 80 verjaar. Hy sê vir sy hande: “Veels geluk! Jul het vir my 80 jaar gewerk.”

Hy sê vir sy voete: “Veels geluk! Jul het 80 jaar my rond gedra.”

Hy kyk af na sy juweel en sê: “Ja, jou lui bliksem! Jy kon ook nou verjaar het, maar jy't mos op 60 afgetree!”

Monday, 23 June 2014

Hang glider

’n Swartman leer hang glider vlieg! Boer bekyk die spul so en begin besete skiet.

Sy vrou vra: “Wat het jy geskiet?"

Boer: “Ek f#kken weet nie, maar die ding vang ons werkers!"

Sunday, 22 June 2014

Gaan dit koud wees?

Dit is April en die Boesmans in die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof "Spaarwater Kruiper" of dit hierdie winter matig of koud gaan wees. Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kan hy nie voorspel hoe die winter gaan wees nie. Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy verklaar dat dit 'n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding.

Hy is egter 'n praktiese man en na 'n paar dae kry hy 'n plan. Hy stap na 'n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra: "Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?"

"Ja, dit lyk so." bevestig die een wat geantwoord het.

Hy gaan terug na die stam en gee instruksie dat hulle nog meer hout bymekaar moet maak. 'n Week later skakel hy weer die weerburo.

"Lyk dit nogsteeds na 'n baie koue winter?" vra hy.

"Ja, dit gaan baie koud wees." kom die antwoord.

Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle kan vind, op te tel.

Na twee weke skakel hy weer: "Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?"

"Absoluut!” kom die antwoord, "dit lyk al hoe meer of dit een van die koudste winters ooit gaan wees."

"Wat maak julle so seker?"

"Ons satelliet fotos wys die Boesmans maak bef#k hout bymekaar, en hulle is nooit verkeerd nie.”

Saturday, 21 June 2014

Jasser Arrafat

Jasser Arrafat het 3 seuns: 'n verkragter, 'n moffie en 'n dief.

Hul name is Parrafat, Ballasfat en Allesfat.

Friday, 20 June 2014

Vlug van Joburg na Cape Town

Die vliegtuig het sy topsnelheid bereik, en die kaptein kondig aan: "Welkom aan boord vlug 293 van Johannesburg na Kaapstad. Die weer op ons pad lyk goed. Sit gerus terug en geniet die vlug saam ... O, BLIKSEM!"

Stilte volg.

'n Paar sekondes later praat die kaptein weer.

"Dames en here, ek is jammer as julle geskrik het, maar ek het per abuis warm koffie op my skoot gemors. Julle moet sien hoe lyk my broek se voorkant!"

Dis toe dat een van die passasiers vir hom skree: "Het jy enige @#$%n idee hoe lyk my broek se agterkant."

Thursday, 19 June 2014

Die melk is af


K@k gereeld

Mike kom by dokter: "Dok, die probleem is, ek k@k in my broek, en dit gebeur gereeld!"

Dokter skryf anti-depressante voor.

Dokter vra na 'n maand hoe dit gaan.

Mike: "Ag, dok, ek k@k nog gereeld, maar ek worry nie meer daaroor nie."

Wednesday, 18 June 2014

Krimpie klagtes

Drie krimpies sit op die stoep by Huis Herfsblaar. Oom Fanie tune: "Manne, ek het 'n probleem. Ek is nou 70 en ek sukkel om te pis. Elke oggend staan ek 7 uur op en probeer alles om te pis en niks help nie. Hulle gee vir my even medisyne maar f#kol help."

Oom Frik gee ook 'n diep sug: "Kyk, ek is nou net skuins oor die 80 en ek weet waarvan jy praat, ou Faans. Ek staan ook net na 7 op en ek sukkel ook om te pis, maar dis vir my effens erger, want ek sukkel om te kak ook en nie eers groen tee wil my maag laat loop nie."

Oom Louis steek sy pyp op en tuur in die verte in: "Ek is net onder neeeeentig, ou vriende. Klokslag elke oggend om seeeewe, dan laat loop ek met die pielietjie en ek vang ook sommer 'n gesonde ou kak. Die probleem is, ek word eers hier by neeege wakker."

Lepel lê


Tuesday, 17 June 2014

Christen beer

Die man gaan vir 'n draffie so deur die bos. Ewe skielik voor hom staan daar 'n groot honger beer. Die man weet hardloop gaan nie werk nie en daar is geen ander skuiling naby nie.

Hy val op sy knieë en begin bid: "Vader, help tog dat die beer 'n christen beer is".

Ewe skielik sak die kwaaie beer op sy knieë en bid: "Dankie vir die voedsel wat U vir my voorsien het."

Wednesday, 11 June 2014

Increase

Government "announced" dat as jy 5 kinders het, kry jy outomaties 'n salaris "increase" van R5000.

'n Ou van Brakpan hoor die ding en sê vir sy vrou: "Dies mos oraait man, nou kan ek jou maar vertel van daai laaitie wat ek by daai girl in Springs het, ek sal hom gaan haal, sodat hy hier by ons saam met ons 4 laaities kan kom bly sodat ek kan qualify."

Die volgende dag toe hy by die huis kom met die laaitie, vra hy vir sy vrou: "Nou waar is die ander
3 kinders?"

Toe haak sy vrou af: "Jy's nie die enigste een wat die nuus gehoor het nie ... Hulle pa's het hulle ook kom haal!"

Monday, 9 June 2014

Jou hemp is dan agterstevoor

Gatiep vra priester: “Hoekom dra jy jou hemp agterstevoor?”

“Omdat ek 'n vader is.”

“Ek is ook 'n vader, maar dra nie my hemp so nie.”

Priester: “Maar ek is 'n vader van duisende.”

Gatiep: “Dalk moet jy liewer jou broek agterstevoor aantrek!”

Sunday, 8 June 2014

Dis koud!


Raid

Vrou loop in Pick 'n Pay rond opsoek na gif vir miere.

Sy kry 'n blik Raid van die rak af en vra die assistent: "Is dit goed vir miere?"

"Nee" antwoord hy. "Dit maak hulle dood!"

Friday, 6 June 2014

Dinamiet

Die body builder vat die blondine na sy woonstel. Hy trek sy hemp uit en die blondine sê:"Oe, maar jou borskas is gespierd!"

Hy sê: "Dis 100 kilogram dinamiet, liefie."

Die body builder trek sy langbroek uit en die blondine sê: "Oe, maar jou kuite is massief!"

Hy sê: "Dis 100 kilogram dinamiet, liefie!"

Die body builder het planne met haar en trek sy onderbroek uit. Skielik rek die blondine se oë so groot soos pierings en sy hardloop al gillend weg. Die body builder trek sy broek vinnig aan en hardloop agter haar aan. Hy haal haar in en vra hoekom sy so uit sy woonstel weggehardloop het.

Die blondine antwoord: "Ek was vreeslik bang om naby al daai dinamiet te wees, nadat ek gesien het hoe kort die fuse is!"

Kwaad


Thursday, 5 June 2014

Hane en henne

Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok. Saggies soen hy 9 van die 10 henne, maar van die 10de hen pluk hy 'n veer.

Op die 14de dag het sy genoeg gehad van hierdie prosedure en skree sy op hom: “Jy kom elke oggend breë bors hier ingestap en soen al die ander henne, maar by my pluk jy 'n veer! Wat is jou plan!?”

Hy fluister in haar oor: “Vir jou wil ek kaalgat sien, skattie!"

Wednesday, 4 June 2014

Hou op suip

Vrou: "Wil jy nie maar ophou suip nie?"

Kallie: "Ok, as jy ophou make-up gebruik."

Vrou: "Maar ek gebruik dit sodat ek kan mooi lyk vir jou."

Kallie: "Nou! Ek suip ook sodat jy kan mooi lyk vir my!"

Tuesday, 3 June 2014

Brakpan blind date

Wat noem Brakpanners 'n "Blind Date" in Afrikaans?

Proefsteek!

Monday, 2 June 2014

Verkeerde kind

Jan en Anna stap uit Brakpan Spar uit met 'n pram.

Anna kyk in die pram en skree: "Dissie verkeerde kind!!''

Jan sê: "Shhh dis 'n beter pram!"

Sunday, 1 June 2014

Cha ching!


Halfies

Hoekom drink mans in Suid-Afrika net ’n halwe Viagra?

Want enige iets wat meer as ’n half uur staan word gesteel.