Sunday, 11 May 2014

Passievol

'n Jong man en sy poppie parkeer een aand hul motor langs die Hartbeespoortdam.

Die aanvanklike handjie vashouery ontaard later in 'n vurige passie, maar toe drange op sy hewigste is stoot die poppie hom weg en sê: "Verskoon tog, ek moes jou vroeer gesê het, ek is 'n prostituut en my tarief is R100."

Die gang van die natuur kan nie gestuit word nie en die man betaal.

Toe hulle klaar is, sit hy rustig en rook in stilte 'n sigaret. Later kan die Poppie dit nie meer verduur nie en vra: "Wel wanneer vat jy my terug Stad toe?"

"O! Verskoon tog" sê die man, "ek moes jou dalk vroeer gesê het - ek is eintlik 'n taxibestuurder en die koste terug stad toe is R150."

No comments:

Post a Comment