Thursday, 1 May 2014

Cravings

Die hoogs swanger vrou, met 'n helse craving, smeek haar man 8 uur die aand om vir haar slakke te loop soek. Na so 'n uur se gesoek sien hy 'n oop kroeg en gaan vat so 'n verversingkie.

Drie uur die oggend en vol verversingkies strompel hy by die erf in en onthou van die slakke. Gelukkig kry hy 'n hele paar in die tuin en pak hulle op die voorstoep by die deur.

Die hoogs onstelde vrou kom die gang so afgeloop soos die man die deur oopmaak, en voor sy iets kon sê, sê hy: "Kom outjies, ons is amper by die huis."

No comments:

Post a Comment