Saturday, 31 May 2014

My toilet is verstop!

Die dokter bel die loodgieter twee-uur in die oggend en sê sy toilet is verstop.

Loodgieter: “Maar dit is twee-uur in die oggend!”

Dokter: “Ek weet, maar jy het my ook al in die nag gebel met probleme.”

Loodgieter: “Goed, ek is nou daar.”

By die dokter se huis kyk die loodgieter na die toilet, haal twee pille uit sy sak, gooi dit in die spoelbak en sê vir die dokter: “As dit nie more beter is nie, bel my weer.”

Friday, 30 May 2014

Wie is skuldig?


Pakistan

Koos daag kaal by 'n fancy dress party op met net 'n vaal papiersakkie oor sy meneer. Die gasheer vra hom: "Wat stel jy voor?"

Hy sê: "Ek stel Pakistan voor."

Die gasheer vra verbaas: "Pakistan? Hoe werk jy dit uit?"

Koos antwoord: "Wys my 'n mooi meisie dan wys ek jou hoe kan my pakkie staan.”

Thursday, 29 May 2014

Bokkie vir ete

Pa slag ’n bokkie en maak dit gaar vir ete. Aan tafel wil die kinders weet wat daar te ete is.

Pa: “Ek sal julle ’n clue gee. Mamma noem my partykeer so!”

Sussie gil: “Boeta spoeg uit, dis doos!”

My kêrel is 'n dwerg

Universiteit student gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar ouers dat sy haar nuwe kêrel saambring. Die ou is 'n dwergie en die student vra haar ouers om asseblief tog haar ses-jarige sussie in te lig.

Die ma neem vir kleinsus eenkant en sê: "Poplap, jou ouer suster kom die naweek huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons, maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?"

Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra.

Ousus en haar kêrel daag op en toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel. Die gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor. Dis net Kleinsus en die dwerg aan tafel.

'n Ongemaklike stilte heers 'n rukkie, maar toe kan die meisietjie dit nie meer hou nie en vra: "Hoe gaan dit met Sneeuwitjie?”

Wednesday, 28 May 2014

Wilde eend

Man in Brakpan restaurant vra kelner: "Het julle wilde eend?"

Kelner: "Nee meneer, maar ons kan vir jou 'n makke die moer in maak?"

Samples vir toetse

Baie ou getroude paar gaan dokter toe.

Die dokter vra vir die 80 jarige ou man: “Ek kort ’n poef, pee, sperm en bloed sample om toetse te gaan doen?”

Die ou man kyk na sy vrou: “Wat soek hy?!”

En die ou vrou reply: “Hy soek jou onderbroek!"

Tuesday, 27 May 2014

Rooi is so mooi

Rooi is so mooi...in ons eie parlement!

Kort net bietjie liefde

Vrou: “Dokter, ek het niks van my 27 jaar huwelik nie.” En sy vertel van haar man se swakhede, geen liefde of aanraking of komplimente nie, en na 15 minute vra die dokter haar om na hom te kom. Hy druk haar styf teen hom vas, en soen haar in die nek en op die mond.

Die vrou gaan in 'n trans, en die dokter sê vir die man: “Dit is wat jou vrou nodig het, drie maal per week. Kan jy dit doen?”

Man: “Wel dokter, ek kan haar Maandae en Woensdae hier aflaai, want vrydae vang ek vis.”

Monday, 26 May 2014

Fifty-fifty

Gatiep en Maraai kom op ’n tas af waarin daar R1000 is.

Gatiep vra: "Maraai wat gaat ons met die geld maak?!"

Meraai antwoord: "Nei, kom ons deel dit fifty-fifty!"

Gatiep kyk haar so en vra: "En wat word dan vannie anner R900?"

Saturday, 24 May 2014

Bier

SAB, Heineken en Millers reps sit by 'n bar.

Millers rep sê vir die barman: "Gee my die beste bier in SA... 'n Millers draught."

Die Heineken rep sê toe vir die barman: "Gee my die beste bier in wêreld... 'n Heinekin."

Die man van die SAB vra die barman: "Kan ek 'n coke kry?"

Barman vra geskok: "Soek jy dan nie 'n Castle nie?"

"Nee my vriend!" antwoord hy, "as hulle nie gaan regte bier drink nie gaan ek ook nie."

Thursday, 15 May 2014

Lus om uit te gaan?

Koos vra sy vrou: "Is jy lus om Saterdagaand uit te gaan?"

"Dit klink lekker!" sê sy opgewonde.

"Great!" sê Koos. "Want die manne kom hiernatoe om poker te speel."

Wednesday, 14 May 2014

Brakpan leeuloop

Die Brakpan leeuloop:

Knyp twee spanners vas tussen jou bene, sit jou knieë en hande op haar spene, trek af haar broek en gil....sy't 'n tril!

Tuesday, 13 May 2014

Gooi 'n dop

Ou loop in die bar in en sê vir die Barman "gooi ’n dop”. Hy sluk hom weg en sê weer "gooi ’n dop”. Weer gooi die barman die dop.

Na die vyfde dop sê die man: "Barman gooi ’n dop voor die k@k begin.”

Barman sê: “Dis reg maar wanneer betaal jy nou vir al die doppe?”

”Sien daar begin die k@k nou”, se die ou.

Monday, 12 May 2014

Kaal dans

Piet kry vir Koos in die skuur waar hy kaal voor die trekker dans.

“Wat de hel doen jy, Koos?”

Koos: “As jy nou lag bliksem ek jou, maar dinge tussen my en Saartjie lyk nie meer so goed nie en daai nuwe Ingelse dokter het vir my gese : do something sexy to attracter.”

Sunday, 11 May 2014

Passievol

'n Jong man en sy poppie parkeer een aand hul motor langs die Hartbeespoortdam.

Die aanvanklike handjie vashouery ontaard later in 'n vurige passie, maar toe drange op sy hewigste is stoot die poppie hom weg en sê: "Verskoon tog, ek moes jou vroeer gesê het, ek is 'n prostituut en my tarief is R100."

Die gang van die natuur kan nie gestuit word nie en die man betaal.

Toe hulle klaar is, sit hy rustig en rook in stilte 'n sigaret. Later kan die Poppie dit nie meer verduur nie en vra: "Wel wanneer vat jy my terug Stad toe?"

"O! Verskoon tog" sê die man, "ek moes jou dalk vroeer gesê het - ek is eintlik 'n taxibestuurder en die koste terug stad toe is R150."

Saturday, 10 May 2014

Old age pension

Oom Kallie: “Ek het my ID verloor en moes my grys borshare wys om my old age pension te kon trek.”

Tant Koba: “As jy jou broek afgetrek het kon jy disabilty pension ook gekry het.”

Saturday, 3 May 2014

Gentleman

Gatiep lê kaal op die strand met net 'n hoed om sy privates te bedek.

'n Dame loop verby en sê: "As jy 'n gentleman was, sou jy jou hoed gelig het."

Gatiep gee haar so 'n moerse skewe kyk en sê: "As djy nie so lelik was nie, het die hoed homself gelig!"

Friday, 2 May 2014

Gedroogte blare

Seuntjie kyk deur sy ouma se Bybel en kry 'n gedroogte blaar daar-in.

Hy kyk groot oog vir sy ouma en sê: "Ouma! ek dink Eva het haar pantie in jou Bybel vergeet."

Thursday, 1 May 2014

Cravings

Die hoogs swanger vrou, met 'n helse craving, smeek haar man 8 uur die aand om vir haar slakke te loop soek. Na so 'n uur se gesoek sien hy 'n oop kroeg en gaan vat so 'n verversingkie.

Drie uur die oggend en vol verversingkies strompel hy by die erf in en onthou van die slakke. Gelukkig kry hy 'n hele paar in die tuin en pak hulle op die voorstoep by die deur.

Die hoogs onstelde vrou kom die gang so afgeloop soos die man die deur oopmaak, en voor sy iets kon sê, sê hy: "Kom outjies, ons is amper by die huis."