Wednesday, 30 April 2014

Loop vroeg by die werk

Piet, Koos en Jan werk in 'n fabriek in die Wes-Kaap. Een oggend oor 'n koppie tee sê Koos vir die ander twee, "Manne, het julle gesien die baas loop elke dag vroeg?"

"Ja!" antwoord die ander twee.

"Nou ek sê julle wat, hoekom loop ons nie ook 'n bietjie vroeër die volgende keer as die baas vroeg loop nie?", sê Koos.

Die volgende dag loop die baas 'n uur vroeg by die werk en die manne loop 5 min later.

Piet gaan vang vis in die dam naby sy huis. Jan gaan kroeg toe, kyk die sokker op TV en drink 'n paar biere. Koos gaan na sy huis toe, loop in sy kamer in en sien sy baas saam met sy vrou in die bed. Hy maak die deur saggies toe en verdwyn uit die huis sonder dat iemand hom sien.

Die volgende dag gesels die manne daaroor om weer vroeg te loop.

"Nottedonner!", sê Koos. "Ek was gister amper gevang!"

No comments:

Post a Comment