Wednesday, 30 April 2014

Loop vroeg by die werk

Piet, Koos en Jan werk in 'n fabriek in die Wes-Kaap. Een oggend oor 'n koppie tee sê Koos vir die ander twee, "Manne, het julle gesien die baas loop elke dag vroeg?"

"Ja!" antwoord die ander twee.

"Nou ek sê julle wat, hoekom loop ons nie ook 'n bietjie vroeër die volgende keer as die baas vroeg loop nie?", sê Koos.

Die volgende dag loop die baas 'n uur vroeg by die werk en die manne loop 5 min later.

Piet gaan vang vis in die dam naby sy huis. Jan gaan kroeg toe, kyk die sokker op TV en drink 'n paar biere. Koos gaan na sy huis toe, loop in sy kamer in en sien sy baas saam met sy vrou in die bed. Hy maak die deur saggies toe en verdwyn uit die huis sonder dat iemand hom sien.

Die volgende dag gesels die manne daaroor om weer vroeg te loop.

"Nottedonner!", sê Koos. "Ek was gister amper gevang!"

Tuesday, 29 April 2014

Rerig lelik

Hoe weet jy wanneer 'n vrou rerig lelik is?

As sy in die swembad in duik en die kriepie spring uit en begin gras sny.

Monday, 28 April 2014

Olifante

Twee olifante staan in die veld en gras vreet. 'n Kaal man hardloop by hulle verby.

Die een olifant sê: "Kyk hoe maer is daardie ou."

Die ander olifant sê: "G'n wonder hy is so maer nie, shame, kyk waarmee moet hy eet!"

Friday, 25 April 2014

DNS

Die prokureur kom by sy klient en sê hy het goeie en slegte nuus.

"Wat is die slegte nuus?", vra die klient.

"Die DNS op die toneel is beslis joune."

"En die goeie nuus?"

"Jou cholesterol is baie laer."

Wednesday, 23 April 2014

Julius in die brandende gebou

Julius Malema sit vas op die vyfde vloer, en die gebou is aan die brand.

Hy kyk by die venster uit, en die brandweerman skreeu: "Spring! Ons sal jou vang met hierdie laken!"

Julius Malema skreeu terug: "Nee, ek vertrou jou nie! Sit die laken eers neer op die grond!"

Tuesday, 22 April 2014

Pregnancy test

Twee blondes sit en gesels by die hair dresser.

Eerste een: "Ek het gegaan vir 'n pregnancy test."

Tweede blond: "Was die vrae moeilik gewees?"

Monday, 21 April 2014

Doodverlief

Die doodsverliefde kerel aan sy meisie: "Wat sal jy sê as ek jou vra om met my te trou?"

Meisie: "Niks nie. Ek kan nie terselfdertyd lag en praat nie".

Sunday, 20 April 2014

Staalbroek

Voor Koos oorlog toe vertrek sit hy 'n staalbroek op sy vrou, sluit dit en gee die sleutel vir sy pêl Ben.

"As ek nie binne 4 jaar terug is nie, sluit oop en geniet."

Hy spring op sy perd en val in die pad.

So 'n halfuur later sien hy 'n stofwolk agter hom. Hy stop en sien dis Ben.

"Wat skort?" vra Koos.

Ben uitasem : "Dis die verkeerde sleutel!"

Saturday, 19 April 2014

Hasies

Onderwyser sê vir Jannie as ek jou 2 hasies gee en nog 2 hasies en nog 2 hoeveel het jy dan? Jannie sê 7.

Onderwyser sê jy luister nie, kom ek stel dit so. As ek jou 2 appels gee en nog 2 appels en nog 2 hoeveel het jy dan? Jannie sê 6.

Die onderwyser vra: "Nou hoe de hel kry jy 7 hasies, dis ook mos 6!"

Jannie sê vir die onderwyser: "Jy verstaan nie, ek het al klaar 1 hasie by die huis!"

Friday, 18 April 2014

Shooters

Ek is so verslaaf aan shooters.

Elke keer as ek klaar my mond met Listerine gespoel het, kap ek die glasie 2 keer op die wasbak!

Studente kortverhaal

Studente moes 'n kortverhaal skryf in so min woorde moontlik. Dit moet insluit godsdiens, seks en dit moet ook 'n speurverhaal wees. Die wenner was Sannie Van der Merwe:

GOEIE HEMEL, EK IS SWANGER....WIE IS DIE PA?

Friday, 11 April 2014

Ontvoering

'n Blond ontvoer 'n seuntjie in die parkie en steek 'n kaartjie aan die kraag vas met 'n boodskap daarop.

"Ek eis R10000 vir jou kind as losprys more oggend om 7uur. Sit die geld in 'n koevert langs die Geelhout boom." Geteken blond.

Sy stuur die seuntjie huistoe en die volgende oggend is die blond daar vir haar geld met 'n boodskap op koevert. "Hiers jou geld! Ek kan nie glo 'n blond doen dit aan 'n ander blond nie!"

Thursday, 10 April 2014

Koos sonder hande

Koos kom die bar in. Hy het nie hande nie. Sy dik jas se punte hang pap! Hy vra 'n bier en toe dit kom, byt hy die glas vas en vat 'n sluk.

Gert kry jammer en bied aan om hom te help. So haal Gert vir Koos sy beursie uit, betaal sy bier en bere weer Koos se kleingeld.

So 'n paar biere later gaan Koos toilet toe. Weer help Gert: Maak zip oop, haal uit, hou vas, skud af. Hy was hande baie deeglik.

Hy sê toe vir Koos hoeveel hy hom bewonder dat hy so regkom sonder hande.

Koos antwoord: "Ek het hande! Dis net flippen koud hier by julle in die Kaap!"

Wednesday, 9 April 2014

Beste man in die wereld

Dames, as jy op 'n man afkom wat hot, sexy, lojaal, nie materialisties, finansieel onafhanklik verseker is en dinge rondom die huis kan regmaak. As jy sê spring en hy vra hoe hoog en hy glo jy is die enigste persoon op aarde. Hy luister na elke woord wat jy sê en nooit met jou sal stry nie.

Dan moet jy weet: die dagga wat jy rook is Top Quality!