Monday, 17 March 2014

So dronk!

Ek loop by 'n bar in en bestel 'n dop. Ek sien 'n ou wat gesuip is en hy bly van die barstoel afbliksem. Ek maak my dop toe klaar en besluit om die ou huistoe te vat. Ek moet hom letterlik kar toe dra. Na 'n moerse gesukkel kry ek 'n adress in sy beursie. By die huis druk ek die deurklokkie en die vrou maak oop.

Ek sê toe: "Mevrou, die man is so dronk ek dag toe ek sal hom 'n lift gee."

"Dankie, maar waar sy rystoel?

No comments:

Post a Comment