Thursday, 20 March 2014

Lelike gesigte

Ek sit op 'n bus agter 'n ma en haar jong seuntjie. Ek merk toe op dat die seuntjie heeltyd rond kyk en snaakse gesigte vir my trek.

Na 'n paar minute raak ek gatvol vir sy gesigtrekkings en sê vir hom: "Toe ek so jonk was, het my ma vir my gesê: 'As ek lelike gesigte trek en die wind verander gaan my gesig so bly staan!'"

Sal die klein kak omdraai en vir my sê: "Jy kan nie sê jou ma het jou nie gewaarsku nie!"

No comments:

Post a Comment