Monday, 31 March 2014

Drie feite van mans

Die 3 Grootste Feite van Mans:

  1. Ek gaan net een dop drink.
  2. Ons sal nou braai.
  3. Moenie worry nie, ek gaan net langs jou lê!

Sunday, 30 March 2014

Jou broer in die tronk

Koos: "Piet, ek hoor jou broer was in die tronk."

Piet: "Ja, vir iets wat hy nie gedoen het nie!"

Koos: "Wat was dit?"

Piet: "Hy't nie vinnig genoeg gehardloop nie!"

Friday, 28 March 2014

Jonathan coach die Lions Rugby Span



Aan die Leeus, omdat hul deesdae 'n goeie game speel.

Thursday, 27 March 2014

Afrikaanse Rock groep

Gehoor van die nuwe Afrikaanse Rock groep wat afkomstig is van Brakpan?

Guns and Roses was hulle inspirasie en hulle het hul groep gedoop: Ketties & Blommetjies.

Foto van pa en ma

Klein Jannie pak 'n foto van sy pa en ma in sy skooltas. Sy ma sien die foto's en vra: "Waarvoor vat jy die foto skool toe?"

Toe sê Jannie: "Want die skoolhoof kerm al die hele kwartaal lank hy wil julle twee dringend sien."

Wednesday, 26 March 2014

Vyf bottels in elke hand

Wiskunde juffrou: "Klas, as ek 5 bottels in my linkerhand het en 5 bottels in my regterhand het, hoeveel het ek altesaam?"

Jannie:"Juffrou, 'n moerse drink probleem!"

Tuesday, 25 March 2014

Groot of vet

Vrouens moet ophou vra: "Laat die jeans my gat groot lyk?"

Hulle moet vra: "Laat my groot gat die jeans styf lyk!"

Monday, 24 March 2014

Lemoene

Sannie werk by 'n bordeel, maar haar ouma mag nie weet nie. Op 'n dag raid die polisie die bordeel en laat almal buite in 'n ry staan. Die ouma loop verby en sien haar.

Sannie dink vinnig en sê vir haar ouma hulle deel lemoene uit en die ouma val by die ry in.

Toe die Polisie by die ouma kom en vra hoe sy dit nog doen op haar ouderdom sê sy: "Ek haal my tande uit, hou dit vas met al twee hande en suig hom tot hy droog is.”

Saturday, 22 March 2014

Een wens

Feëtjie gee vir Kallie, Mike en Jimmy elk een wens.

Mike: "Ek wens ek was op 'n eiland op vakansie!" So gedaan.

Kallie: "Ek wens ek was in Disneyland." En weer so gedaan.

"En jy Jimmy?"

"Ag ek voel nou so alleen. Ek wens daai twee was terug!"

Friday, 21 March 2014

Die leeu

Boer: "Piet gaan loop al langs die grens heining en kyk of da enige gate in is."

Piet: "Okey baas."

So uur later, roep Piet op radio: "BAAS BAAS!"

Boer: "Ja, Piet, ek luister?"

Piet: "Baas hier is fout."

Boer: "Wat is fout Piet?"

Piet: "Baas hier is die leeu baas."

Boer: "En hoe lyk die leeu Piet?"

Piet: "Baas, hy lyk F#KKEN HONGORRRRRRRRRRRRRRRRRRRR!!"

Thursday, 20 March 2014

Lelike gesigte

Ek sit op 'n bus agter 'n ma en haar jong seuntjie. Ek merk toe op dat die seuntjie heeltyd rond kyk en snaakse gesigte vir my trek.

Na 'n paar minute raak ek gatvol vir sy gesigtrekkings en sê vir hom: "Toe ek so jonk was, het my ma vir my gesê: 'As ek lelike gesigte trek en die wind verander gaan my gesig so bly staan!'"

Sal die klein kak omdraai en vir my sê: "Jy kan nie sê jou ma het jou nie gewaarsku nie!"

Wednesday, 19 March 2014

Wat mak jou lewe die moeite werd?

Was nou die dag by 'n troue waar die seremonie meester gevra het dat al die getroude mans moet gaan staan by die persoon wat hul lewens die moeite werd maak.

Die barman is amper doodgetrap!

Tuesday, 18 March 2014

Kan jy tik?

Ou Meraai gaan vir n werksonderhoud. Die beampte vra of sy getik het op skool.

Meraai sê: "Nee meneer, ons het net papsak gedrink en dagga gerook daai jare."

Monday, 17 March 2014

Legend


So dronk!

Ek loop by 'n bar in en bestel 'n dop. Ek sien 'n ou wat gesuip is en hy bly van die barstoel afbliksem. Ek maak my dop toe klaar en besluit om die ou huistoe te vat. Ek moet hom letterlik kar toe dra. Na 'n moerse gesukkel kry ek 'n adress in sy beursie. By die huis druk ek die deurklokkie en die vrou maak oop.

Ek sê toe: "Mevrou, die man is so dronk ek dag toe ek sal hom 'n lift gee."

"Dankie, maar waar sy rystoel?

Sunday, 16 March 2014

Soen jou tannie

"Jannie kom soen gou jou tannie, sy's oppad huistoe."

"Vergeet dit ma!" sê Jannie. "Vir haar soen ek nie. Ek het gister gesien pa probeer dit en toe klap sy hom dat sy bril daar trek."