Friday, 7 February 2014

Misverstand

Koos is besig om sy tas te pak toe sy skoonma inloer. Sy merk dat Koos oppad is om te loop.

Skoonma: "En nou my kind wat's fout?"

Koos: "Toe ek by die huis kom kry ek jou dogter saam met 'n man in die bed. Dis onvergeeflik!"

Skoonma: "Wag! Dalk is daar 'n misverstand ek gaan gou vir haar vra."

Skoonma kom terug en sê: "Ek wou sê daar's 'n misverstand. Sy sê sy't nie jou email gekry nie!"

No comments:

Post a Comment