Monday, 10 February 2014

Magic

Jannie en Pietie gaan kafee toe.

Pietie sê: "Kyk dié move, ek gaan vinnig drie sweets steel en die winkelier gaan niks sien nie."

Tjoef tjaf, en niemand sien iets nie.

Jannie sê vir die winkelier: "Wil jy magic sien?"

"Ja", sê die winkelier.

Jannie sê: "Gee my drie sweets, dan wys ek jou."

Die winkelier gee Jannie toe drie sweets. Jannie eet al 3 op. Die winkelier vra: "Waar's die magic?"

Jannie sê: "Kyk in Pietie se sak."

No comments:

Post a Comment