Thursday, 20 February 2014

Jannie hou van Sannie

Jannie hou baie van Sannie maar het nie die "guts" om met haar te praat nie.

Hy gaan vra sy ouer broer vir raad en Boet sê: "Gaan sê vir haar sy is die mooiste blommetjie in die hele wêreld, dan 'chat' julle bietjie."

Die volgende dag sien Jannie haar by die toilette ingaan en wag by die deur. Toe sy uitkom sê hy: "Hallo Sannie jy's die mooiste blommetjie in die hele wêreld."

Sannie is dood verlief, bloos bloedrooi en boor skaampies met haar toon in die grond.

Na 'n lang stilte vra Jannie: "So ... het jy lekker gek*k?"

No comments:

Post a Comment