Wednesday, 26 February 2014

Jack Russel en die leeu

Jannie kom by die skool en vertel sy juffrou die storie: "Juffrou sal dit nou nie glo nie, laas naweek het ons gaan visvang. Ons het 33 babers gevang. Juffrou sal dit nou nie glo nie, maar nie een was onder 15 kilogram nie."

Juffrou: "Jislaaik Jannie, dit was 'n verskriklike vangs."

Die juffrou wil nou nie vir Jannie in sy gesig sê hy praat nou regtig tjol nie. Sy besluit om dit op 'n diplomatiese manier te doen. Sy besluit sy gaan ook so 'n wilde storie vertel en daardeur vir Jannie laat verstaan sy glo nou glad nie sy stories nie.

Juffrou: "Jannie, jy sal my nou nie glo nie, maar daar het net so verskriklike ding die naweek met my gebeur. Ek en die kinders loop kortpad deur die veld, en die volgende oomblik grom daar 'n leeu hier reg langs ons. Jannie jy sal dit nou nie glo nie, maar die leeu kom toe aangehardloop en ons sien hy gaan ons opvreet. Die volgende wat ons sien is daar 'n Jack Russel wat ook hier uit die bos aangehardloop kom. Jannie jy sal dit nou nie glo nie, maar die Jack Russel gryp toe sowaar die leeu en hy verniel vir hom. Hy skud daai leeu naderhand so woes rond dat jy sommer hoor hoe die leeu se nek klap. Jannie jy sal dit nie glo nie, daar lê die leeu toe, heel vrek."

Juffrou: "Jannie, glo jy die storie wat ek jou nou net vertel het?"

Waarop Jannie antwoord: "Maar natuurlik juffrou, dit was my Jack Russel."

No comments:

Post a Comment