Friday, 28 February 2014

Boesman en die spieël

'n Boesman kry 'n stuk spieël in die veld, maar hy weet nie wat dit is nie. Hy skrik toe hy daarin kyk, want hy sien sy oorlede pa. Elke keer as hy na sy pa verlang kyk hy in die spieël en dan huil hy sy hart uit.

Sy vrou kon dit nie meer vat nie en gryp die ding en kyk daarin. Woedend skree sy vir haar man: "Jou robbish - wie's die lelike meid waaroor jy so tjank?"

Thursday, 27 February 2014

Goed, sleg, lelik

Goed: Jou vrou is swanger
Sleg: Dis 'n drieling.
Lelik: Jy het vyf jaar gelede 'n vasektomie gehad.

Goed: Jou vrou praat nie met jou nie.
Sleg: Sy wil skei.
Lelik: Sy is 'n prokureur.

Goed: Jou jongste seun raak uiteindelik volwasse.
Sleg: Hy is betrokke by jou buurvrou.
Lelik: Jy ook.

Goed: Jy en jou vrou besluit: geen meer kinders nie.
Sleg: Jou vrou kry nie haar Pille opgespoor nie.
Lelik: Jou 13-jarige dogtertjie het hulle geleen.

Goed: Jou oudste seun verstaan modes.
Sleg: Hy's 'n fopdosser. (Cross Dresser)
Lelik: Hy lyk beter as jou vrou.

Goed: Jy vertel jou 10-jarige dogtertjie van die voëltjies en die bytjies.
Sleg: Sy val jou voortdurend in die rede.
Lelik: Met korreksies.

Goed: Jou seun gaan met iemand nuut uit.
Sleg: Dis 'n ander man.
Lelik: Hy's jou beste vriend.

Goed: Jou 15-jarige dogter het 'n nuwe werk.
Sleg: As 'n gesellin.
Lelik: Jou kollegas is haar beste klante.
Baie lelik: Sy maak meer geld as jy.

Wednesday, 26 February 2014

Jack Russel en die leeu

Jannie kom by die skool en vertel sy juffrou die storie: "Juffrou sal dit nou nie glo nie, laas naweek het ons gaan visvang. Ons het 33 babers gevang. Juffrou sal dit nou nie glo nie, maar nie een was onder 15 kilogram nie."

Juffrou: "Jislaaik Jannie, dit was 'n verskriklike vangs."

Die juffrou wil nou nie vir Jannie in sy gesig sê hy praat nou regtig tjol nie. Sy besluit om dit op 'n diplomatiese manier te doen. Sy besluit sy gaan ook so 'n wilde storie vertel en daardeur vir Jannie laat verstaan sy glo nou glad nie sy stories nie.

Juffrou: "Jannie, jy sal my nou nie glo nie, maar daar het net so verskriklike ding die naweek met my gebeur. Ek en die kinders loop kortpad deur die veld, en die volgende oomblik grom daar 'n leeu hier reg langs ons. Jannie jy sal dit nou nie glo nie, maar die leeu kom toe aangehardloop en ons sien hy gaan ons opvreet. Die volgende wat ons sien is daar 'n Jack Russel wat ook hier uit die bos aangehardloop kom. Jannie jy sal dit nou nie glo nie, maar die Jack Russel gryp toe sowaar die leeu en hy verniel vir hom. Hy skud daai leeu naderhand so woes rond dat jy sommer hoor hoe die leeu se nek klap. Jannie jy sal dit nie glo nie, daar lê die leeu toe, heel vrek."

Juffrou: "Jannie, glo jy die storie wat ek jou nou net vertel het?"

Waarop Jannie antwoord: "Maar natuurlik juffrou, dit was my Jack Russel."

Tuesday, 25 February 2014

Bid, my dogter!

‘n Vrou nooi mense oor vir ete, aan tafel vra sy haar dogtertjie om te bid.

Die dogtertjie sê toe vir haar ma sy weet nie wat om te sê nie.

Haar ma sê toe: “Sê net wat ek altyd sê.”

Die dogtertjie begin toe bid: “Liewe Vader wat het my besiel om die donners oor te nooi vir ete?"

Sunday, 23 February 2014

Brakpan Pa kry bonus

Brakpan Pa kry bonus en stick sy laaitie vir 'n McDonalds soft serve.

Die seun vat 'n lekker groot hap van die roomys en sê: "F#kkit Pa, hoekom is die pap so koud?"

Saturday, 22 February 2014

Boksburg outjie wil trou

Boksburg outjie wil vir sy goose vra om te trou en vertel sy pa daarvan.

Sy pa antwoord: "Maar dis mos nou goeie nuus, my seun."

Boksburg outjie antwoord: "Ja, pa, maar daar is net een probleem. Sy is not 'n virgin."

Waarop sy pa antwoord: "Dis verskriklik! As sy dan nie goed genoeg is vir haar eie familie nie, is sy nie goed genoeg vir ons s'n nie!"

Friday, 21 February 2014

Lekker gesuip

Ou suip die aand verskriklik en word die volgende oggend wakker in 'n vuil hotelkamer. Langs hom lê die lelikste vrou wat hy nog gesien het. Hy trek vinnig aan en sluip daar uit. Hy voel tog skuldig en los vir die meisie 'n R100-noot op die bedkassie.

Soos hy die geld neersit, staan daar nog 'n lelike meisie onder 'n hoop klere op wat op die grond lê.

"Wat van my?" vra sy. "Kry die strooimeisie dan niks nie?"

Thursday, 20 February 2014

Jannie hou van Sannie

Jannie hou baie van Sannie maar het nie die "guts" om met haar te praat nie.

Hy gaan vra sy ouer broer vir raad en Boet sê: "Gaan sê vir haar sy is die mooiste blommetjie in die hele wêreld, dan 'chat' julle bietjie."

Die volgende dag sien Jannie haar by die toilette ingaan en wag by die deur. Toe sy uitkom sê hy: "Hallo Sannie jy's die mooiste blommetjie in die hele wêreld."

Sannie is dood verlief, bloos bloedrooi en boor skaampies met haar toon in die grond.

Na 'n lang stilte vra Jannie: "So ... het jy lekker gek*k?"

Frikkie in die shower

Frikkie en sy meisie is in die stort.

Die meisie sê: "Oooo Frikkie doen iets leliks met my!"

Frikkie smeer toe seep in haar oë.

Wednesday, 19 February 2014

Desperaat vir werk

Die blondine is al desperaat om werk te kry en met die onderhoud vra die werkgewer haar watse vergoeding sy sou verwag.

“Meneer” sê sy, “ek is bereid om vir R500 'n maand te werk so desperaat is ek.”

“Net R500 'n maand? Met plesier!” roep die werkgewer uit.

“Nee, meneer, met plesier ingesluit sal dit jou R1000 per maand kos.”

Saturday, 15 February 2014

Oom Oom

Die verpleegstertjie moet die ou man skeer voor sy breuk operasie, toe sy sien daar staan so bo-op die ou koggelmander geskryf: "oom oom".

"En nou dit oom?", wil sy weet.

"Luister ou kinta", sê die ou man, "Laat ek jou nou iets vertel. In my jong dae op varsity het daar geskryf gestaan, 'Die Boom van Potchefstroom!'”

Friday, 14 February 2014

Wanneer laas?!

Vraag aan 85 jarige man: "Wanneer het Oom laas seks gehad?"

Oom: "So 1950"

"Dit was darem lank gelede, nê oom?"

Oom: "Nee wat, dis nou eers 20h30"

Thursday, 13 February 2014

Korrekte Afrikaans

Ou oom spog met korrekte Afrikaans by die vulstasie: "Jonas, maak asseblief die brandstoftenk vol, gaan die bande en olievlak na en kyk asseblief wat is fout met my knormoer."

Later sê Jonas: "Oubaas, ek’t die tyres gecheck, die tenk hy’s vol, die olie hy’s sharp, maar eish ek dink ons los die Oumiesies lat hy net so sit!"

Wednesday, 12 February 2014

Eksamenflaters


  1. Waarvoor word beesvelle gebruik? Om die bees binne te hou.
  2. Wat is 'n outobiografie? Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar.
  3. Noem 5 dinge wat melk bevat? Kaas, botter en 3 koeie.
  4. Wat is die verlede tyd van eet? Honger.
  5. Wat is die verkleinwoord van Oupa? Kleinseun.
  6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef? Kleinteef.
  7. Wat is die doel van die kies- en oogtande? Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
  8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas ... hoe groter haaspastei.
  9. Wat is die meervoud van kabeljou? Kabeljulle.
  10. 'n Sin met "ter aarde bestel..." "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"
  11. Formule vir 'n sirkel se omtrek: "paai straal kordaat"
  12. Wat is teenoorstaande hoeke? Hoeke wat vir mekaar kyk.
  13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf? Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
  14. Wat is 'n terminale siekte? As jy op die lughawe siek word!
  15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?" HuH?
  16. Wat noem ons iemand wat velle looi? Onderwyser.
  17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel? Pepermenttande.

Tuesday, 11 February 2014

Waar's die mense?

Oom Piet en Tant San sit op die ouetehuis se stoep. Vra tant San vir Oom Piet: "Ou man wat gaan aan dat niemand hier by ons op die bank sit vandag nie."

Antwoord Oom Piet: "Ja nee ou vrou, ek hoor Matfield daar van kamer 12 en al die ander gespuis sit blykbaar al en wag daar op Loftus se bank vir die game om te begin."

Monday, 10 February 2014

Magic

Jannie en Pietie gaan kafee toe.

Pietie sê: "Kyk dié move, ek gaan vinnig drie sweets steel en die winkelier gaan niks sien nie."

Tjoef tjaf, en niemand sien iets nie.

Jannie sê vir die winkelier: "Wil jy magic sien?"

"Ja", sê die winkelier.

Jannie sê: "Gee my drie sweets, dan wys ek jou."

Die winkelier gee Jannie toe drie sweets. Jannie eet al 3 op. Die winkelier vra: "Waar's die magic?"

Jannie sê: "Kyk in Pietie se sak."

Sunday, 9 February 2014

Disco

Gisteraand was ek by die disco.

Hulle speel toe "The Twist", ek twist toe.

Hulle speel toe "Jump", ek spring toe.

Daarna speel hulle toe "Come on Eileen", daarvoor is ek toe uitgegooi!

Saturday, 8 February 2014

Te dronk!

Ek is afgetrek vir dronkbestuur. Die traffic cop vra: "Hoeveel het jy gedrink?"

Ek sê toe: "Een bottel brandewyn en twaalf biere."

Traffic cop: "Nou hoekom bestuur jy dan?"

Ek sê toe vir hom: "Want ek's te f#kken dronk om te loop!"

Friday, 7 February 2014

Misverstand

Koos is besig om sy tas te pak toe sy skoonma inloer. Sy merk dat Koos oppad is om te loop.

Skoonma: "En nou my kind wat's fout?"

Koos: "Toe ek by die huis kom kry ek jou dogter saam met 'n man in die bed. Dis onvergeeflik!"

Skoonma: "Wag! Dalk is daar 'n misverstand ek gaan gou vir haar vra."

Skoonma kom terug en sê: "Ek wou sê daar's 'n misverstand. Sy sê sy't nie jou email gekry nie!"

Thursday, 6 February 2014

Seniors se shortcuts

Die kinders het mos hul SMS kodes - soos BFF, WTF, LOL ens.

So, hier is kodes vir seniors:
  • BDD - By die Dokter 
  • BVSB - By Vriend se Begrafnis
  • BDR - Bring die Rystoel
  • KWS - Kry Weer Sooibrand
  • SG - Skryf Groter
  • MWG - Maag Werk Goed
  • IMGA - Is My Gehoortoestel Aangeskakel?
  • MGPBL - Moet Gaan, Pasaangeër se Battery Laag
  • MGPBW - Moet Gaan Purgasie Begin Werk
  • WPEA - Wat Praat Ek Alles?
  • WWW? - Waar Was Ek Nou Weer?

Wednesday, 5 February 2014

Hoeveel mense onder die lakens?

Wanneer drie mense seks het, noem hulle dit 'n Threesome.

Wanneer twee mense seks het noem hulle dit 'n Twosome.

Nou verstaan ek hoekom noem hulle jou Handsome!

Tuesday, 4 February 2014

Ford versus Tampon

Wat is die verskil tussen 'n Ford en 'n Tampon?

'n Tampon kom uit met sy eie Tow Rope!

Monday, 3 February 2014

Briefie aan Santa

Die dogtertjie skryf 'n briefie net voor kersfees.

"Liewe Santa, hierdie kersfees, stuur asseblief klere vir al daai arm meisies in pappa se computer."

Helde

Jannie sit op die sypaadjie en maak sy rugby helde uit klei. Aplon, De Jong , Habana, ens. Met dié kom Helen Zille verby en vra wat hy doen. Jannie vertel haar hy maak sy helde uit klei uit.

Sy sê: "As jy nou helde wil maak hoekom dan nie eerder Malema, Zuma of Mugabe nie?"

Seuntjie kyk half geskok op na Zille en sê: "Ek speel met klei, nie met kak nie!"

Sunday, 2 February 2014

Ou tannies wat bestuur

Twee tannies tussen 80 en droë wors ry dorp toe.

"Marge, hoekom ry jy oor die rooi lig?! Dis gevaarlik."

Marge skrik en vra: "Bestuur ek?!"

As dit nie vir familie was nie

Koos: "Jissie Piet, wanneer trou jy en jou meisie?"

Piet: "Ag ou Koos, ek sou al lankal as dit nie vir haar famielie was nie."

Koos: "Haar famielie?"

Piet: "Ja, haar man en drie kinders."

Saturday, 1 February 2014

Hotelle

Man in hotel stamp per ongeluk aan onbekende vrou se borste.

Hy sê: "Mevrou, as als so sag is soos jou borste wil ek jou graag beter leer ken."

Die vrou antwoord: "Meneer, as als so hard is soos jou elmboog...ek is in kamer 305!"

Mike word besteel

Mike kom by die huis en sien hulle het sy huis leeg gesteel. Hy skakel die polisie, maar tipies neem dit maar lank voor hulle kom. Hy begin net goed opgewerk raak toe die voordeurklokkie lui. Toe hy die deur oopmaak staan die polisieman daar met met Ray-bans en sy polisiehond aan 'n leisel.

"Nee magtig", sê Mike. "Eers steel hulle my huis leeg en nou stuur hulle vir my 'n blinde polisieman!"