Friday, 31 January 2014

Kerspresent vir skoonma

Ek koop nooit weer iets vir my skoonma vir Kersfees nie.

Het laas jaar vir haar 'n stukkie grond in die begrafplaas gekoop en sy het dit nog nie eens gebruik nie!

Zuma se nuwe Merc

Zuma vat vir Malema vir 'n spin in sy nuwe Merc. Zuma sit sy linker flikker aan en sê vir Malema hy moet sy kop by die venster uit sit en kyk oof die ding werk.

Malema druk sy kop uit en skree: "Yes, no, yes, no, yes, no!"

Thursday, 30 January 2014

Brug na Australië

Van der Merwe stap op die strand naby Knysna, en tussen die duine ontdek hy 'n olielamp. Natuurlik vryf hy die lamp, en natuurlik verskyn daar 'n gees.

"Wat is jou wens, Meester?" wil die gees weet.

Van der Merwe dink diep: "Die meeste van my familie woon nou in Australië. Die meeste van my vriende woon in Australië. Ek wil graag 'n brug tussen Suid-Afrika en Australië hê, sodat ek so af en toe vir 'n naweek kan oorry om te gaan braai."

Die gees in die lamp skud sy kop. "Dis 'n vreeslike wens. Weet jy hoe lank so 'n brug sal moet wees? Die hoeveelheid beton wat nodig sal wees om dit aan die bodem van die see te anker? Die tienduisende kilometer staalkabels om die ding regop te hou? Die miljoene lampies om dit in die nag te verlig? Wil jy nie die saak goed deurdink en iets anders kies nie?"

Van der Merwe dink weer. Daar is nie regtig iets anders wat hy wil hê nie, so hy gryp maar die eerste gedagte wat verbykom. "Ek wil vrouens kan verstaan. Ek wil kan weet hoekom hulle huil, wanneer hulle huil, hoekom hulle kwaad is, wanneer hulle kwaad is, en hoekom hulle stilstuipe kry."

Die gees oorweeg die saak vir 'n oomblik, en vra: "Twee of vier bane vir die brug?"

Fietse en fietsry

Jannie: "Mamma wat is 'n slet?"

Mamma: "Dis 'n fiets Jannie!"

Daarna vra hy sy pa: "Pappa, wat is spyker?"

Hy antwoord: "Dit is fietsry Jannie!"

Later vra Jannie sy broer: "Boetie, wat is 'n kondoom?"

Sy broer antwoord: "Dis 'n fiets se ketting!"

Die volgende dag is Jannie laat vir skool. Die onnie vra vir Jannie hoekom hy laat is.

Jannie antwoord: "Wel meneer, ek het vanoggend op my slet geklim en begin spyker... toe val my kondoom 3 keer af!"

Wednesday, 29 January 2014

Ek vergeet my selfoon

Ek vergeet vanoggend my foon by die huis. Ek glip toe gou weg tydens middagete om my foon by die huis te kry. Ek sien toe daar is 'n sms wat 09:38 gestuur is.

"Hi liefie, jy't jou foon vanoggend in die kombuis vergeet."

Wat de moer maak ek nog met so 'n vrou?

Baba word gepoeier

Die seuntjie kyk hoe sy tannie poeier op haar baba gooi.

Seuntjie: "Tannie moenie sleg voel nie, ons hond het ook vlooie."

Tuesday, 28 January 2014

Die verskil tussen oumas en oupas

Oupa vat elke oggend die 5-jarige Ansie skool toe. Toe hy een oggend siek is vat ouma haar. Die aand vertel sy haar ma en pa dat die ryery saam met ouma baie anders was as saam met oupa.

"Hoekom?", vra hulle.

Sy antwoord: "Ek en ouma het nie een flippen idioot, blinde bliksem of dom donner op die pad gesien nie."

Donasie, asseblief

Vanoggend klop daar `n dogtertjie aan my voordeur. Sy vra vir donasie vir ‘n swembad wat by hulle skool gebou word.

Was sy nou die moer in vir my, toe ek haar `n koppie water gee.

Monday, 27 January 2014

Backseat driver

Vroutjie is besig om ontbyt te maak in die kombuis vir manlief. Dit is Maandag oggend en sy bak eiers. Skielik bars haar man die kombuis binne.

"Versigtig," sê hy, "Versigtig!"

"Sit nog botter in! My Liewe Genade! Jy bak te veel gelyk. Dis te veel! Jy moet twee op 'n slag bak. Keer hulle om! Keer hulle nou om! Hulle gaan hard wees. Moenie dat die geel breek nie. Ons het nog botter nodig. Liewe hemel! Waar kry ons nog botter? Die eiers gaan vassit in die pan. Dit skroei! Die plaat is te warrrrrm! Ek eet nie harde gebrande eiers nie! Versigtig...ek het gesê versigtig! Jy luister nie na my nie. Wanneer jy kos maak luister jy net nooit na my nie. Nooit nie! Keer hulle om. Maak gou! Is jy mal? Is jy van jou kop af? Moenie vergeet om sout op te gooi nie. Jy weet jy vergeet altyd om sout op te gooi. Gooi sout op! Onthou die sout! Die sout!"

Sy vrou staar net in ongeloof na hom en vra: "Wat op dees aarde is verkeerd met jou vanoggend? Dink jy vir een enkele oomblik ek weet nie hoe om 'n simpele eier te bak nie?"

Die man antwoord, nou heel kalm: "Ek wou jou net wys hoe dit vir my voel as ek die kar bestuur."

Werk of plesier

Die dominee en die boer stry of seks op ‘n Sondag met jou vrou werk of plesier is.

Die volgende dag vra die boer vir Jonas wat dink hy?

Jonas dink ‘n ruk lank hard... toe antwoord hy: “Baas dit moet hom die plesier wees, want as daai die werk was, die Baas het hom lankal vir my gagee om te doen!”

Sunday, 26 January 2014

Baba hondjies

Mans kyk na boobs vir dieselfde rede waarom vrouens na baba hondjies kyk...

...ons wil hul net loslaat en met hulle speel!

As dit nie vir geld was nie

Koos: "Weet jy my vrou, as dit nie vir my geld was nie, het ons nie hierdie mooi huis gehad nie."

Koos se vrou: "Ai my ou man, as dit nie vir jou geld was nie, sou jy my ook nie gehad het nie."

Saturday, 25 January 2014

Heuning vir die vryery

'n Vrou gaan kla by haar dokter dat haar man 'n bietjie lui is met die vryery.

Die dokter sê: "Mevrou, voer hom heuning. Sit hom op 'n heuningdieet. Op sy pap, op sy toebroodjies, op sy nagereg, in melk voor hy gaan slaap. Dink maar hoeveel heuning jy by hom kan inkry. Gebruik jou inisiatief."

Na 'n maand loop die dokter haar raak. "Hoe gaan dit by die huis?' vra die dokter.

Sy sê: "Nee dokter, hy zoem al, maar hy steek nog nie."

Vroue op soek

Koos en Jan stamp mekaar se winkeltrollies in Woolworths.

Koos sê vir Jan: "Shoe, ek’s jammer man, maar ek is opsoek na my vrou."

"Dis toevallig", sê Jan, "Ek soek myne ook. Miskien kan ons mekaar help. Hoe lyk jou vrou?"

"Sy’s lank, met lang donker hare, lang bene, met mooi kuite en oulike stywe boudjies. Hoe lyk jou vrou?", vra Koos.

"Vergeet van haar", sê Jan, "Kom ons soek joune!"

Friday, 24 January 2014

Grand Hotel

Sleg gekoring strompel Koos die hotel uit en klim in 'n taxi.

"Vat my na die Grand Hotel", sê Koos.

"Maat", sê die taxibestuurder, "ons is by die Grand Hotel."

"Dankie", sê Koos terwyl hy uitklim. "Maar volgende keer moet jy nie so vinnig ry nie."

Rosyntjie

Wat is die definisie van ‘n rosyntjie?

‘n Druiwekorrel wat ‘n senuwee-ineenstorting gehad het.

Thursday, 23 January 2014

Pa, hoe kom die baba daarbinne?

Die laaitie vra vir sy pa: "Pappa, ek weet babas kom uit hulle ma's se maag, maar hoe kom hulle daar in die eerste plek?"

Nadat die pa effens "Um en ah" aarsel, voor hy kan antwoord, kom die kommentaar: "Pa hoef regtig nie 'n storie uit te dink nie, dis alles reg as Pa nie weet nie."

Engelse Goose

Ou Koos vry 'n engelse goose.

Die aand in sy flat raak dinge bietjie warm, maar ai tog, Koos kan net nie perform nie.

Sy stukkie vra, "What's the matter, my darling?"

Hy dink ernstig oor hoe om haar in sy beste Engels te antwoord, toe kom dit maar net uit:

"My bird is porridge!" (Vertaal direk na Afrikaans)

Wednesday, 22 January 2014

Hasie grappies

Wat noem mens 'n deurskynende hasie? 'n Spasie.
Wat noem mens 'n hasie in 'n pyp? 'n Blokhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die tuimeldroër? 'n Spinhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die hospitaal? 'n Operhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die spur? 'n Inspirhasie.
Wat noem mens hasies wat paar? 'n Vibrhasie.
Wat noem mens 'n hasie met GPS? 'n Navighasie.
Wat noem mens 'n rugby hasie? 'n Paashasie.
Wat noem mens 'n halwe hasie? 'n Sie.
Wat noem mens 'n hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? 'n Oksidhasie.
Wat noem mens 'n Walt Disney Hasie? 'n Animhasie.
Wat noem mens 'n Vuvuzela Hasie? 'n Gerhasie.
Wat noem mens 'n hasie op 'n telefoon? 'n Kommunikhasie.
Wat noem mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie.
Wat noem mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie.
Wat noem mens 'n ryk hasie? 'n Inflhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat boer? 'n Plhasie.
Wat noem mens 'n siek hasie? 'n Inflamhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat oorsee gaan? 'n Immigrhasie.
Wat noem mens 'n hasie met spuitpoep? 'n Purghasie.

En finally, wat noem mens iemand wat heeltyd hasie grappies vertel? 'n Irrithasie!

In die moeilikheid

Dokter sê aan vroue pasiënt: "Jou hart, nier, longe, bloeddruk, pols is als 100%, nou kom ons kyk na die dingetjie wat julle in so baie moeilikheid kry."

Met dié begin die vrou haar onderklere uittrek.

Die dokter stop haar en sê: "Nee, nee. Jy hoef nie uit te trek nie. Steek net jou tong uit vir my."

Tuesday, 21 January 2014

Boere oorlog

Gedurende die Boere oorlog bevind 'n boer en sy seun hulle in die loopgraaf.

Die seun vra: "Pa hoeveel manne is ons?"

Pa sê: "50."

Seun vra: "Hoeveel is die Ingelse?"

Pa sê: "So 10 000."

Daar is 'n ruk lank stilte.

Seun sug: "Beteken dit ons gaan vandag alweer laat klaarmaak?"

Hier en daar

Die dokter het gesê ek kan hier en daar 'n drankie drink weens my gesondheid!

Nou laat ek maar die kroegman vir my 'n bier op die toonbank, een in die vensterbank, een in die toilet, een op die blêrkas en een op die dansvloer neersit!

Dan drink ek mos hier en daar 'n biertjie.

Monday, 20 January 2014

Ford Escourt

Ou oom Frik is 'n groot Ford aanhanger en wil 'n klein motortjie koop. Hy lees in die koerant: Escourt Agency - en skakel sommer dadelik die nommer.

"Dagsê Dame. Het julle enige Escourts en hoeveel kos hulle?"

"Ja meneer ons het. Hulle wissel tussen R200 en R250."

"Donner, my meisie. Wie het hulle so in hulle moer gery?"

Waar kom babas vandaan?

Sannie (7) kom by die huis van skool af na haar eerste gesinsvoorligtingklas. Haar ma vra belangstellend hoe het dit gegaan.

"Ek skaam my morsdood," antwoord Sannie. "Koos hier oorkant sê dat 'n ooievaar die babas bring. Annie sê dat jy 'n baba in die kinderhuis kan koop. Piet sê jy kry babas by die hospitaal."

"Maar Sannie dis tog nie iets om jou oor dood te skaam nie," sê haar ma laggend.

"Nee, maar ek durf nie vertel dat ons so arm is dat Pappa my self moes maak nie!"

Sunday, 19 January 2014

Koos en sy hond

Koos klim op die trein met sy hond en gaan sit naby 'n welgeklede dame.

Toe die basterbrak verveeld begin raak, begin hy krap dat dit 'n naarheid is, en die dame sê vererg: "Vat jou hond weg, ek kan al voel hoe die vlooie op my ronddans!"

"Haai Boesman, kom lê hier, die antie het vlooie."

Top punt van gesuip

Wat is die top punt van gesuip?

As jy oor die dansvloer loop vir nog 'n dop, en jy wen die singles danskompetisie!

Saturday, 18 January 2014

Ek gaan Durban toe

Man kom tuis om te sien hoe sy vrou haar tasse pak.

"Ek gaan Durban toe," sê sy. "Ek hoor daar is mans wat R200 betaal vir wat ek verniet vir jou doen."

Die man dink vir ‘n oomblik, en begin in stilte sy tas ook te pak.

"En wat maak jy nou?" wil sy vrou weet.

"Ek gaan saam", sê die man. "Ek wil graag sien hoe jy leef op R400 'n jaar!"

Plaasgeluide

Die graad 2 juffrou vra die klassie om vir haar voorbeelde van plaasgeluide te kom voordoen.

Sannie: "Koekelekoee", en almal klap hande.

Juffrou: "Baie mooi, dis 'n haan."

Kosie laat waai met: "Moee moeee moeee."

Weer klap almal en jufrou beaam.

Dis Kleinjan se beurt en hy haak af met sy plaasgeluid: "Klim van daai trekker af Samuel, voor ek jou daar af bliksem!"

Friday, 17 January 2014

Trou of tronk

Vrou soek haar man orals rond en kry hom in die garage langs die kar en huil.

Sy vra: "Wat's fout?"

Hy sê: "Onthou jy die dag toe jou pa ons die eerste keer gevang het en onthou jy toe hy sê ek moet met jou trou of tronk toe."

"Ja", sê sy.

"Wel, vandag sou ek uitgekom het."

Vis gevang

Die visserman het niks vis gevang nie. Op pad huis toe gaan hy by die viswinkel en koop drie visse.

"Gooi die visse vir my," sê hy vir die winkelier en gaan staan by die deur.

"Hoekom moet ek dit vir jou gooi?" vra die winkelier.

"As my vrou vra of ek die vis gevang het, wil ek nie vir haar jok nie."

Thursday, 16 January 2014

Huweliks sertifikaat

Blondine sit vir 4 ure en kyk na haar huweliks sertifikaat.

Haar man vra wat sy doen en sy antwoord: "Ek soek na die donnerse vervaldatum?"

Goue toilet

Die ou kry 'n klop aan die deur en daar staan twee ouens.

Die een sê vir hom: "Hi, ek was gisteraand hier vir 'n party, ek wil net vir my chom julle goue toilet kom wys."

Die ou draai om en skreeu oor sy skouer: "Dennis, hier is die doos wat in jou trompet gekak het!"

Wednesday, 15 January 2014

Brakpan begrafnis

Hoe weet jy dat jy by 'n Brakpan begrafnis is?

Onderaan die begrafnisbrief staan: "Moet asseblief nie die lykswa dice nie!"

Viagra en antibiotika

Oupa en ouma stap by apteek in. Oupa koop viagra en ouma koop antibiotika.

Apteker kyk verward en vra vir ouma: "Waarvoor is die antibiotika?"

Ouma antwoord: "Boetie weet jy nie hoe gevaarlik is 'n geroeste spyker nie!"

Tuesday, 14 January 2014

Karton om mee te slaan

Ek sien vanoggend twee boemelaars wat mekaar met stukke karton slaan...

...was seker 'n kussing geveg gewees!

Six pack

Ek staan vanoggend voor die spieël en bewonder my "six pack".

En skielik "strike" dit my...my six pack word warm, toe drink ek hulle maar!

Monday, 13 January 2014

My vrou rook

Wat maak jy met 'n vrou wat rook?

Smeer vasilien en stoot stadiger!

Divine intervention

'n Poskantoorwerker kom af op 'n koevert sonder 'n stamp en 'n moerse kak handskrif. Die brief is aan Jesus ge-addresseer. Hy besluit om die brief oop te maak en te kyk wat aangaan. Hy kom agter dat dit van 'n ou tannie af is wat aangaan oor hoe swaar sy kry, omdat iemand haar van R100 beroof het en dat sy die volgende maand gaan honger ly as daar nie een of ander tipe van divine intervention gaan plaasvind nie.

Die werker voel half jammer vir die ou tannie en samel geld in by drie ander werkers wat saam met hom elkeen R20 donate. Hulle pos die geld sommer in 'n koevert na die tannie se return adres toe.

Twee weke later herken die werker weer die tannie se handskrif. Weer aan Jesus ge-addresseer sonder 'n stamp. Weer maak hy dit oop en lees:

"Dankie Jesus, dat jy my geld wat gesteel is vir my vervang het. Ek sou sweerlik nie hierdie maand oorleef het nie. P.S. Daar was R20 short gewees. Dit was seker daai konte by die Poskantoor."

Sunday, 12 January 2014

'n Vrou se mond

'n Vrou se mond is nes 'n stukkende garagedeur.

Jy sukkel jou gedaan om hom toe te kry.

Loftus kazibo

Wat noem mens 'n kazibo op Loftus?

'n Tappit cover.

Saturday, 11 January 2014

Te koud om vis te vang

Man klim saggies uit die bed, pak sy visvang goed en klim in die bakkie. Hy reverse tot by sy boot en haak hom, maar die wind waai kwaai en dis erg koud. Hy luister radio en dié sê dat die weer heel naweek dieselfde gaan wees, koud en winderig. Hy haak boot af, pak als weg en gaan klim saggies terug in die bed.

Hy sê sag, "Jis maar dis koud daar buite!"

Sy sê sag, "Ja en kan jou glo, en my man het nogsteeds gaan visvang."

Growwe woorde

Party woorde kom te grof voor en die ATKV het besluit om veranderings aan te bring, byvoorbeeld:

G string: Terg toutjie
Poep: Broekhoes
Affair: Buitebrand
Blowjob: Trilsmul
Cleavage: Borsboude
Housewife: Nespes
Impotence: Slingerstres
Pimp: Hoerboer
Stripper: Wysmuis
Vibrator: Kombrommer

Friday, 10 January 2014

Verbode vrugte

Hoekom het Eva die verbode vrugte geëet?

Omdat sy nie 'n vriendin gehad het nie, want as sy 'n vriendin gehad het, het hulle wyn gedrink, tjoklitz geëet en nie met die blerrie slang gelol nie!

Oupa los vir ouma

Kleinseun kom kuier vir oupa en ouma in die ouetehuis en vra vir sy oupa: "Oupa? Ek hoor jy't ouma gelos vir 'n ander ou tannie hier in die gang af."

"Ja", sê die oupa en die kleinseun wil toe nou weet hoekom.

Die oupa sê toe: "Ou seun, daai tannie kan darem maar vir jou 'n riem goed skud!"

Kleinseun sê toe: "Ouma kan dit tog sekerlik ook doen."

Oupa: "Jy verstaan nie ou seun, daai tannie het Parkinson's!"

Thursday, 9 January 2014

Wat wil jy word as jy groot is?

Juffrou vra die klas wat hulle wil word eendag as hulle groot is.

Jannie sê: "Ek wil 'n biljoenêr word, na die duurste klubs toe gaan, die beste bitch saam met my vat, vir haar 'n Ferrari gee oor die miljoen rand werd, 'n huis in Hawaii, 'n jet om deur Europa te reis, 'n onbeperkte Visa kaart, en met haar liefde maak drie keer 'n dag."

Die juffrou, tot diep binne geskok oor die kind se gedrag, weet nie wat om te doen nie. Sy besluit om haar nie daaraan te steur nie en aan te gaan met die les.

"En jy, Sannie?", vra die juffrou.

Sannie sê: "Ek wil Jannie se bitch wees Juffrou."

Die koevert

'n Man kom wild by die poskantoor ingestap en vra vir 'n koevert. Die vrou aan die anderkant van die venstertjie stoot dit vir hom onderdeur die glefie.

Hy maak dit oop en skree: "Hoekom laat jy niks weet nie."

Die vrou kyk hom verbaas aan en vra: "Hoekom skree meneer so?"

Hy kyk haar vuil aan en sê: "Sharap, kan jy nie sien ek's besig om 'n voicemail te stuur nie?'

Wednesday, 8 January 2014

Koos se skoonma

Koos sit by die werk en lyk heel bekommerd.

Gert: "Wat makeer?"

Koos: "My skoonma wil vir 2 weke kom kuier."

Gert: "Dit kan tog nie so erg wees nie?"

Koos: "Sy bring haar krokodil saam."

Gert: "Dit is seker nie so erg nie?"

Koos: "Jy verstaan nie, daardie geel bloedbelope oë loer heeltyd vir jou, die skurwe vel maak my bang, die vuil tande en stink asem is hel!"

Gert: "Dan moet jy die krokodil buite laat slaap."

Koos: "Nee, die krokodil is okey, ek praat van my skoonma!"

Lesing oor alkohol misbruik

'n Ouerige man word gestop deur 'n polisieman ongeveer 2:00 die oggend.

"Oom waarheen is jy oppad die tyd van die oggend?"

Die ouman sê toe: "Ek's oppad na 'n lesing toe wat handel oor alkohol misbruik en watter newe-effekte dit veroorsaak op die liggaam sowel as rook en om laat uit te bly."

Polisieman:"Regtig? Wie gee die tyd van die oggend lesings?"

Ou man: "Dit sal my vrou wees!"

Tuesday, 7 January 2014

Oupa het gebrand

Jannie was afwesig by die skool en die juffrou vra hom waar hy gister was.

Jannie: "My oupa het gebrand juffrou."

Juffrou: "Ek is baie jammer om te hoor. Is dit ernstig?"

Jannie: "Ja Juffrou, by die krematorium vat hulle nie kak nie!"

Jou ma is so vet


  • Jou ma is so vet, hulle moes ‘n lugfoto neem vir haar ID.
  • Jou ma is so vet, sy kon nie popspeel nie, sy het dwergies gehad.
  • Jou ma is so vet, sy het altyd ‘n groepbespreking by die buffet.
  • Jou ma is so vet, sy eet nie met ‘n vurk nie, maar met ‘n vurkhyser.
  • Jou ma is so vet, die weerdiens moet ‘n ogie hou oor haar winde.
  • Jou ma is so vet, sy moet ‘n oornagsakkie pak as sy 100 meter gaan hardloop.
  • Jou ma is so vet, sy neem groepversekering uit.
  • Jou ma is so vet, wanneer sy val en probeer opstaan, wieg sy haarself aan die slaap.
  • Jou ma is so vet, haar naeltjie het ‘n eggo.
  • Jou ma is so vet, as sy omdraai kry sy ‘n verwelkomingspartytjie.
  • Jou ma is so vet, as sy by ‘n taxi-staanplek verbyloop probeer mense in haar klim.

Monday, 6 January 2014

Is Portugal ver?

Mike vra vir Kallie: "Is Portugal ver?"

Kallie sê: "Nee, daar was Portugese saam met my op skool en hulle het almal met fietse gery?"

Jou ma is so vet

  • Jou ma is so vet, as hulle haar veras lyk dit soos n veld brand.
  • Jou ma is so vet, haar bloedgroep is KFC.
  • Jou ma is so vet, haar naeltjie kom vyf minute voor haar by die huis aan.
  • Jou ma is so vet, enige vyf Suid-Afrikaanse kabinetslede kan agter haar wegkruip.
  • Jou ma is so vet, sy moet haar onderklere in die oprit stryk.
  • Jou ma is so vet, jy kan nie met ‘n tenk petrol om haar ry nie.
  • Jou ma is so vet, ander vet ma's wentel rondom jou vet ma.
  • Jou ma is so vet, hysbakke kan net af gaan met haar.
  • Jou ma is so vet, sy verhuur haar as ‘n bergfietsbaan.
  • Jou ma is so vet, die pendeltuie gebruik haar as ‘n baken op die aarde.

Sunday, 5 January 2014

My vriendin kan sing

Ek hoor gister 'n vriendin van my sing. Ek raai haar toe aan om in allerhande lande te gaan sing...

Mielielande, koringlande en sommer boontjielande ook!

Koos in Dubai

Koos was op vakansie in Dubai en dubainees nader hom en sê: "Sir, I'll offer you 20 Camels in exchange for your wife."

Koos dink toe so by homself: "Ag wat de hel, ek rook nie eintlik nie, maar dis seker die beste offer wat ek ooit vir haar sal kry."

Saturday, 4 January 2014

Lepels

Van der Merwe se dogter kom met 'n lepel in haar gat huis toe.

Pa vra: "Wat is dit met die lepel in jou gat?"

Sy dogter antwoord: "Die baas het gesê ek moet my gat roer."

Mike en sy motorfiets

Mike koop vir hom 'n motorfiets. Vir ses maande elke sondag is ou Mike in die kerk, hy en sy motorfiets.

Na kerk stap die ouderling na ou Mike toe en vra hom die rede hoekom sy bike in die kerk staan?

"Die verkoopsman het gesê ek moenie 'n enkele diens mis nie."

Friday, 3 January 2014

Genoeg nou

Blond is moeg vir blond jokes en kleur haar hare donker en voel vreeslik trots op haarself. Sy ry toe met haar i20 na haar sus op die plaas om te gaan afshow in Welkom. Ry amper in 'n trop beeste vas.

Sy klim toe uit die kar en sê vir die boer: "As ek kan raai hoeveel beeste jy het, kan ek een kry?"

"Sekerlik", sê die boer. Sy raai toe reg en kies die kleinste besie uit.

Boer kyk vir haar en sê: "As ek die kleur van jou hare kan raai, mag ek my Boerboel terug kry?"

Ou ooms en die Spur

Twee ou ooms, omtrent so 85 jaar oud, sit en eet in die Spur. Skielik trip die krag en al die ligte is af.

Die een oom sê: "O tog"

Ander een vra: "Wat makeer?"

Oom antwoord: "Daar k@k altwee my oë!"

Thursday, 2 January 2014

Teleurgesteld

As jy teleurgesteld is in jou Kersgeskenk, dink net so daaraan...

Iewers in hierdie land het iemand 'n BLOU BUL trui gekry vir Kersfees... Sien jy, joune was nie so bad nie!

Die nuwe haan

Die boer kom met 'n nuwe haan op die plaas aan. Hy't hom skaars neergesit en hy spyker al 150 henne. Die middag weer dieselfde storie. Die boer is heel beïndruk.

Die volgende dag draf die haan al die eende en gaanse deur en daar lê hy dood met net een oog oop en die aasvoëls vlieg in sirkels bo-oor hom.

Die boer staan die haan so en kyk en sê: "Jou jagse bliksem, jy wil mos!"

Die haan sê: "Ssshh! Daai aasvoëls gaan nou land!"

Sannie se pyn

Dokter vra aan Sannie: "En hoe gaan dit nou met die pyn in jou nek?"

Sannie sê: "Hy kuier op die oomblik by sy ma."

Wednesday, 1 January 2014

Die hond se naam is Kolle

Stel jou voor jou hond se naam is Kolle. Hoe roep jy hom?

Kom Kolle...Kom Kolle!

Duiwelaanbidder

Kleinboet: "Pa, ek dink Sannie se nuwe kêrel is 'n duiwelaanbidder!"

Pa: "Wat! Hoekom sê jy so?"

Kleinboet: "Ek het gehoor hy fluister vir haar: Ek gaan jou vanaand aan die brand steek!"

Oupa sonder 'n broek

Ek het vanmiddag 'n bietjie vir my oupa en ouma op die plaas gaan kuier. Ek kry toe mos vir Oupa sonder 'n broek op die stoep sit.

"En nou, Oupa?" vra ek toe vir hom. "Wat is die storie dat Oupa nou so sonder 'n broek hier sit?"

Toe antwoord hy my: "Nee jong, gistermiddag het ek mos net hier op dieselfde bank sonder 'n hemp gesit, toe raak my nek styf. Hierdie was jou donnerse ouma se kak idee!"