Saturday, 7 December 2013

'n Saak het twee kante

Twee ouma's sit eendag en tee drink op die ouetehuis se stoep. Onbewus dat die een se kleindogter 'n verhouding met die ander een se kleinseun het, begin die een ouma:

"Weet jy Santie, my kleindogter het nou vir haar 'n oulike man gekry. Sy sê as hulle na werk by die woonstel kom, maak hy aandete, sit wasgoed in die masjien, was skottelgoed en ruim op, en dan kom masseer hy nogal haar voete voor die tv!"

Waarop ouma Santie antwoord, met 'n snork: "Sy is gelukkig! My kleinseun het weer so slegte vroutjie gevat. Hy moet alles doen in daai woonstel; kos kook, skottelgoed, wasgoed, EN dan verwag sy nog dat hy haar voete moet kom vryf waar sy geplak sit voor die TV...!!"

No comments:

Post a Comment