Tuesday, 17 December 2013

Brandweerwaentjie

'n Omie is besig om sy plante te water toe hy die bure se dogtertjie opmerk in die erf langsaan. Sy het 'n rooi waentjie met geel plastiek leertjies wat afhang aan die kante. 'n Tuinslang is opgerol in die waentjie en sy dra 'n brandweer helmet. Die waentjie word deur haar kat en hond getrek.

"Dis 'n oulike brandweerwaentjie!", laat die omie hoor. "Maar dink jy nie die arme katjie se leiband moet ook aan die waentjie vasgemaak word in plaas van aan sy eiertjies nie?"

Die klein dogtertjie antwoord terug: "Nou wat de f#k moet ek dan as 'n sirene gebruik, Einstein?"

No comments:

Post a Comment