Tuesday, 31 December 2013

Toespraak

Baas: "Koos het jy al ooit 'n gehoor toegespreek?"

Koos: "Ja"

Baas: "Wat het jy gesê?"

Koos: "Onskuldig."

Jan en die mooi blond

Jan, a tapit van Brakpan, stop by 'n robot reg langs 'n mooi blond in haar Golf GTI.

Jan glimlag vir haar en draai sy venster af. Sy glimlag terug en begin ook om haar venster af te draai.

Jan sê: "Het jy ook lekker in jou kar gepoep?"

Monday, 30 December 2013

Chuck is nog nooit gemoer

Waarom was Chuck Norris nog nooit gemoer nie?

Hy was nog nooit in brakpan nie.

Die vinnigste manier

Gatiep staan op die stoep by Tygervalley en 'n Transvaler stop by hom en vra: "Verskoon my maar wat is die vinnigste manier om van hier na die Waterfront te kom?"

Gatiep vra: "Minee, ry of loep jy?"

Transvaler: "Ek ry!"

Gatiep: "Daais die vinnigste manier Minee!"

Sunday, 29 December 2013

Brakpan pick-up line

Brakpan pick-up line:

Gaan jy buk of moet ek jou trip?

Gatiep en die biker

Gatiep sit een aand in die kroeg. Die ou is al lekker gesuip toe daar 'n biker ingestap kom met sy hele lyf van die tattoos geprik.

Gatiep kyk die man van kop tot tone en haak af: "Ek sê my broe! Wie het djou dan so met 'n HP printer gebliksem?!"

Saturday, 28 December 2013

Toiletpapier sal werk

Vrou: "Ek wil my borste laat groter maak."

Man: "Vat elke oggend toiletpapier en vee dit tussen jou borste."

Vrou: "Sal dit werk?"

Man: "Dit het vir jou boude gewerk!"

Brakpan kinders en skelms

In Brakpan k@k die kinders op die gras sodat die skelms moet dink daars honde.

Jaloesie

Wanneer 'n man jaloers raak, is dit nogal iets ouliks om te aanskou.

Wanneer 'n vrou jaloers raak, dit is wanneer die derde Wêreld Oorlog begin!

Waar is jy gebore?

Landros: "Gatiep waar is jy gebore?"

Gatiep: "In die Kaap Jou Honor."

Landros: "Watter deel?"

Gatiep: "My hele lyf Jou Honor, net die tanne kom uit Joburg!"

Friday, 27 December 2013

Boodskap van ma

Boodskap van ma aan haar seun:

Ek gaan weg vir die naweek en het R500 iewers in jou kamer weggesteek vir kos. Maak jou kamer skoon, dan sal jy dit dalk kry.

Thursday, 26 December 2013

Die mense dink ek's dom

Die meisie sê vir die ou wat in die kroeg by haar aanlê: "Die mense dink altyd ek is dom omdat ek blond is."

Waarop die ou antwoord: "Ag wat, ek steur my nie aan daardie storie nie. Kyk net na Marilyn Monroe."

"Hoekom?" Vra die blondine. "Is sy dan hier?"

Wednesday, 25 December 2013

My werk is belangrik

Piet: "Moenie my by die werk pla nie. Dis 'n belangrike pos met 3500 mense onder my."

Koos: "Ag Piet, moenie groot praat nie, jy sny gras in die begrafplaas!"

Tuesday, 24 December 2013

Geld kan praat

Terwyl die man regmaak vir werk, vra sy vrou: "Skat, glo jy dat geld kan praat?"

"Ek het al so iets gehoor." sê hy.

"Wel, wil jy nie 'n bietjie daarvan hier los nie? Ek raak bedags baie alleen."

Monday, 23 December 2013

Gatiep wil skei

Gatiep dagvaar Meraai vir 'n divorce. Die Judge vra toe vi Gatiep: "Wat is die rede waarom jy wil skei van Meraai?"

Gatiep: "Judge, jy sien die ding staan so - ek bly in 'n two story huis!"

Judge: "Dis mos nie genoeg rede om te wil skei nie?"

Gatiep: "Judge, die een storie is, ek het 'n kopseer en die ander storie is, dis daai tyd van die maand!"

Sunday, 22 December 2013

Kom ons argumenteer

Man en vrou ry op 'n plaaspad besig met 'n gesprek wat toe later ontaard in 'n argument. Die een is meer hardegat as die ander een om te se ek's jammer.

So ry hulle toe verby 'n klomp varke en die vrou vra ewe sarkasties: "Famielie van jou?"

Die man antwoord: "Jip, skoonfamielie!"

Saturday, 21 December 2013

Molplaag

Die blondine gaan koöperasie toe om raad te vra oor 'n molplaag in haar tuin.

Die verkoopsman gee vir haar gif en sê: "Druk dit in die mol se gat en jou probleem sal opgelos wees."

Die blondine dink so 'n rukkie na en vra dan: "Dink jy die mol sal stilsit?"

Friday, 20 December 2013

Verpleegster op die bus

‘n Man sit agter ‘n mooi verpleegster op die bus en besluit om sy luck te try.

“Ek wens die bus maak ‘n ongeluk sodat jy my kan verpleeg”, probeer hy.

Sy draai om, kyk hom stip aan en sê: “Meneer, dit sal ‘n helse ongeluk moet wees, want ek werk in die kraamafdeling.”

Thursday, 19 December 2013

Getroud versus ongetroud

'n Ongetroude man het aan die einde van die maand nog geld oor.

'n Getroude man het aan die einde van sy geld nog 'n maand oor!

Blond en haar groentetuin

Buurman vra aan sy blonde buurvrou wat sy elke dag so lank in die groentetuin doen in haar kamerjapon.

Sy antwoord: "Ek flash vir die tamaties dat hulle kan rooi word."

Buurman: "Enige sukses?"

Blond: "Nee, maar die komkommers groei buite beheer!"

Wednesday, 18 December 2013

Haai en pappegaai

Wat kry jy as jy 'n haai en 'n pappegaai kruis?

'n Dier wat jou kop van jou lyf af praat!

Ek neem foto's

'n Vrou vra my net nou: "Neem jy dalk foto's van my dogter met jou iPhone?"

Ek sê toe: "Ja, ek neem foto's van haar, maar dis nie wat jy dink dit is nie?"

Vrou:  "Wat is dit dan?"

"Dis 'n Samsung Galaxy!"

Tuesday, 17 December 2013

Brandweerwaentjie

'n Omie is besig om sy plante te water toe hy die bure se dogtertjie opmerk in die erf langsaan. Sy het 'n rooi waentjie met geel plastiek leertjies wat afhang aan die kante. 'n Tuinslang is opgerol in die waentjie en sy dra 'n brandweer helmet. Die waentjie word deur haar kat en hond getrek.

"Dis 'n oulike brandweerwaentjie!", laat die omie hoor. "Maar dink jy nie die arme katjie se leiband moet ook aan die waentjie vasgemaak word in plaas van aan sy eiertjies nie?"

Die klein dogtertjie antwoord terug: "Nou wat de f#k moet ek dan as 'n sirene gebruik, Einstein?"

Monday, 16 December 2013

Ambulans

'n Ambulans jaag met loeiende sirenes in die straat af. 'n Dronk ou hol agter die ambulans aan en slat in die pad neer.

Hy staan bietjie kruppel op en skreeu agter die ambulans aan: "Steek jou roomys in jou gat, man!"

Friday, 13 December 2013

Koos doen Kersfees shopping

Koos raak op daai laaste oomblik van shopping net voor Kersdag weg. Sy vrou bel hom toe om te hoor waar hy is.

Koos antwoord toe: "Liefie jy weet mos daai juwelierswinkel wat ons so 5 jaar terug in was. Toe jy so verlief geraak het op daai diamantring wat ons toe nie kon bekostig nie."

Die trane loop toe al van blydskap en Koos sê: "Nou ek sit in die kroeg net langs daai winkel."

Thursday, 12 December 2013

Koos koop 'n kettingsaag

Koos gaan koop 'n kettingsaag en die waarborg is dat die kettingsaag 40 bome in 'n uur kan af saag. Koos saag toe 20 bome af en besluit om die saag te gaan terug gee.

Koos verduidelik toe vir die handelaar dat hulle vals guarantees gee: "Julle waarborg 40 bome ek kry net 20 afgesaag in 'n uur."

Die handelaar neem toe die kettingsaag en start hom. Koos vra: "Watse f#kken geraas is daai?"

Wednesday, 11 December 2013

'n Tattoo vir die getroude lewe

Na 'n week van getroude lewe besluit die man hy gaan 'n tattoo op sy voël sit, met die woorde wat sê "Ek het jou lief". Na 'n maand vra die vrou vir 'n egskeiding.

Man: "Hoekom wil jy skei?"

Vrou: "Want jy sit woorde in my mond!"

Tuesday, 10 December 2013

My vrou soek ander werk

My vrou vertel my die ander oggend dat sy ander werk wil soek. Sy laat my geen ander keuse nie, ek moet haar nou maar in die kombuis toesluit.

Monday, 9 December 2013

Verloofde versus vrou

Wat is die verskil tussen jou verloofte en jou vrou as julle eendag trou?

Ongeveer 50 kilogram.

Sunday, 8 December 2013

Huisbesoek

Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is, maar hulle maak nie die deur oop nie.

Hy haal toe ‘n kaartjie uit sy sak en skryf daarop “Openbaring 3:20" en skuif dit onder die deur in. Openbaring 3:20 lees: “Kyk ek staan by die deur en ek klop…”

Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kollektebord met ‘n boodskap onderaan gevoeg: "Genesis 3:10"

Die predikant trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.

Genesis 3:10 lees: “…Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal.”

Saturday, 7 December 2013

'n Saak het twee kante

Twee ouma's sit eendag en tee drink op die ouetehuis se stoep. Onbewus dat die een se kleindogter 'n verhouding met die ander een se kleinseun het, begin die een ouma:

"Weet jy Santie, my kleindogter het nou vir haar 'n oulike man gekry. Sy sê as hulle na werk by die woonstel kom, maak hy aandete, sit wasgoed in die masjien, was skottelgoed en ruim op, en dan kom masseer hy nogal haar voete voor die tv!"

Waarop ouma Santie antwoord, met 'n snork: "Sy is gelukkig! My kleinseun het weer so slegte vroutjie gevat. Hy moet alles doen in daai woonstel; kos kook, skottelgoed, wasgoed, EN dan verwag sy nog dat hy haar voete moet kom vryf waar sy geplak sit voor die TV...!!"

Friday, 6 December 2013

Oupa koop tyres

Ouma en Oupa sit op die ouetehuis se stoep.

Doodsedig sê Oupa: "Ek het vandag vir my 4 motorbande gekoop!"

Ouma vra verbaas: "Vir wat staan en koop jy motorbande, jy het nie eers 'n kar nie!"

Oupa: "Jy hou nou net daar jou mond... die anderdag toe jy vir jou 'n bra gekoop het, het ek nie 'n woord gesê nie!"

Thursday, 5 December 2013

My Liefie

Die bruid bêre haar bruidegom se nommer op haar selfoon as: "My liefie"

Na een jaar se getroude lewe word dit verander na: "My Man"

Na twee jaar word dit: "Huis"

Na Vyf jaar verander sy dit na: "Hitler"

En Na 10jaar se getroude lewe word dit verander na: "Verkeerde Nommer"

Betta, Siena en die Setpil

Twee bejaarde tantes loop mekaar in outehuis se eetkamer raak.

"Môre Betta"

"Môre Siena"

"Maar Betta, hoekom is daar dan vandag 'n setpil in jou oor?"

"Ag genade, Siena! Nou weet ek waar's my gehoorapperaatjie!"

Wednesday, 4 December 2013

Koos en Mike speel gholf

Koos en Mike speel gholf in die Kaap en die suidooster waai sterk soos gewoonlik. Elke keer wanneer hy gereed maak staan Koos met sy voete al verder uitmekaar tot hy uiteindelik wydsbeen staan.

Mike: "Waarom staan jy so swaer?"

Koos: "Ek het les gehad by Gary Player en hy het gesê hoe harder die wind waai, hoe laer moet jy jou balle hou."

Tuesday, 3 December 2013

Nag van passie

Bruid bekyk haar kaal man, die koue oggend na 'n wonderlike nag van passie.

Verwonderd vra sy: "Wat is daai tussen jou bene?"

Hy: "Dit is waarmee ons laasnag gespeel het."

Sy begin huil en sê: "Ag nee v#k, is dit al wat oor is?!"

Halstarrig

Juffrou: "Wie kan vir my ‘n sin maak met halstarrig?"

Sipho: "As iemand hy poep by die taxi en die window maak die fogg, ons halstarrig asem!"

Monday, 2 December 2013

Pietie en die emmer

Die vyf jarige Pietie en sy ouma stap op strand. Kork-kort sit hy sy sandemmertjie voor haar voete neer.

Na 'n ruk sê sy vir hom: "Dis nou genoeg, net nou laat jy vir ouma val."

"Nee ouma, skop net die emmertjie, want pappa het gesê wanneer ouma die emmer skop, dan gaan ek 'n nuwe fiets kry!"

Sunday, 1 December 2013

Blond soek werk

Blond soek werk by hardeware winkel.

Bestuurder vra haar : "Ken jy die verskil tussen 'n spyker en 'n paperclip?"

Blond giggel van skaamheid en antwoord: "Nee meneer, ek was nog nooit gepaperclip nie, maar dit klink lekker!"