Friday, 1 November 2013

Tiener raak pregnant

'n Sewentienjarige girl tune haar ma sy't haar period gemis. Vir twee maande al. Mamma freak bietjie uit en hulle bekom 'n pregnancy test. Positief. Huilende en skreeuende vereis die ma dat die meisie reveal wie dit aan haar gedoen het.

Die girl bel iemand. Twintig minute later pull 'n Ferarri in. 'n Ouer dude in 'n Armani suit klim uit. Hy kom in en gaan sit in die voorhuis saam met die ouers.

"Dag," sê hy. "Julle dogter het my van die probleem in kennis gestel. Ek kan nie met haar trou nie vanweë my persoonlike situasie maar ek kan dit regstel. Ek sal alle kostes betaal en vir julle dogter sorg vir die res van haar lewe."

"As dit 'n dogter is, kry sy twee besighede, 'n townhouse, 'n villa by die see en 'n R2 miljoen rand bankrekening."

"As dit 'n seun is, kry hy 'n paar fabrieke en R4 miljoen in die bank."

"Vir 'n tweeling gee ek elkeen 'n fabriek en R2 miljoen."

"Net een probleem. Wat dink julle moet ek doen as daar 'n miskraam
is?"

Op die punt breek die pa sy stilte, "dan spyker jy haar weer, boetie!"

No comments:

Post a Comment