Wednesday, 20 November 2013

Sielkunde

'n Man gaan kuier saam met sy pêlle. Sy vrou is woedend. So een uur die oggend klop hy aan die deur en vra dat sy vrou moet oopmaak, hy wil inkom.

Vrou: "Voetsek tot waar jy vandaan kom en loop vrek daar! Jy sit nie jou pote in hierdie huis nie!"

Man: "Nee my liefie, ek's nie hier om te slaap nie, ek soek net my kredietkaart in my kas om nog verder te gaan kuier, dis 'n moerse lekker party".

Die vrou ruk die deur oop en gryp hom aan sy hemp, "Jou GAT! Jy kom NOU in hierdie huis in en klim in die bed!"

No comments:

Post a Comment