Thursday, 21 November 2013

My ma is oorlede

Die blond kom huilend by die werk aan en haar baas vra haar wat is fout.

"My ma is oorlede", sê die blond snikkend.

Die baas sê sy kan die res van die dag afkry, want hulle is nie baie besig nie.

Sy sê toe nee, sy bly liewer by die werk.

Later loer die baas in en sy huil histeries erg. Hy vra toe: "En nou?"

Sy sê: "My suster het gebel. Sy se haar ma is ook dood!"

No comments:

Post a Comment